Yanks su00ea: u2018Trump or treat!u2019
Yanks su00ea: u2018Trump or treat!u2019

Yanks sê: ‘Trump or treat!’

’n Grillerige man en ’n vrou van wie byna niemand hou nie spook aan die vooraand van Halloween by miljoene Amerikaners.
Ronelle Rademeyer
Carien du Plessis - Halloween-kostuums van Donald Trump verkoop soos soetkoek, en rubbermaskers van sy gesig was onder die topverkopers by New York Costumes, een van dié stad se grootste kostuumwinkels.Hillary Clinton-kostuums was nie ver agter nie en wanneer Halloween môreaand gevier word, sal baie mense hul bure die skrik op die lyf jaag met “Trump or treat”.

En oor nege dae word een van die twee die land se president.

Trump en Clinton spook al hoe meer by kiesers wat met ’n mengsel van voorbehoude en afwagting die dae na die verkiesing op 8 November aftel.

Hoewel ondersteuners byeenkomste van die Republikeinse kandidaat Trump en die Demokratiese Party se Clinton gereeld volpak – Trump se grootste openbare vergadering van die veldtog het tot 30 000 belangstellendes in Mobile, Alabama, getrek – laat albei kandidate baie kiesers koud.

“Ek hou niks van Trump nie, maar ek vertrou Hillary ook nie,” is die refrein van menige Amerikaner. Selfs dié wat sê hulle gaan vir Clinton stem, voel nie juis die liefde nie.

Daar is byna geen verkiesingsplakkate op straat nie – hierdie stryd het na sosiale media verskuif – maar sommige mense sê dit is ongewoon dat die plakkate of plastiekborde in tuine wat sê vir wie die huishouding sal stem, vanjaar afwesig is.

Ongeveer ’n vyfde van kiesers het volgens ’n Reuters-Ipsos-meningspeiling steeds nie besluit of hulle vir een van die twee kandidate wil stem nie.

Meningspeilings wys voorts dat Clinton ses punte voor Trump is, en baie ontleders, joernaliste en politici praat asof Clinton reeds die verkiesing gewen het.

Trump se goedkeuringsvlak is ook van die laagstes in ’n presidentsverkiesing.

Maar Vrydag het Clinton se veldtog ’n vroeë Halloween-skok gekry. Aan ’n juigende skare het Trump gesê: “Die FBI het ’n brief aan die kongres gestuur om hulle in te lig dat hulle nuwe e-posse ontdek het in die ondersoek na Clinton.”

Clinton se e-pos-sage – die feit dat sy amptelike e-posse van haar persoonlike adres af gestuur het wat landsveiligheid in die gedrang kon bring – is een van die groot geraamtes in haar kas.

Sedertdien noem Trump haar “slinkse Hillary” en rig hy sy ondersteuners se aandag op wat hulle noem “Hillary se huis van gruwels”.

Trump het selfs gedreig om haar te laat vervolg – “Stuur haar tronk toe!” het ’n strydkreet van sy ondersteuners geword.

Konserwatiewe ontleders het reeds gesê die uitwerking van Clinton se “Oktober-verrassing” oor die e-posse is eintlik soortgelyk aan die seksuele teistering-opnames wat Trump se veldtog twee weke gelede in ’n krisis gedompel het en hom die steun van baie Republikeine en vroue gekos het.

Matt Mackowiak van die Potomac Strategy Group het Vrydag gesê die e-posse “is baie ernstig” en die onsekerheid wat dit meebring “polities dodelik”.

Die voorsitter van die Clinton-veldtog het egter vrae gevra oor die tydsberekening van die brief – 11 dae voor die verkiesing – en gesê die FBI “skuld dit aan die mense van Amerika om onmiddellik inligting te verskaf oor wat hy nou ondersoek”.

Jamelle Bouie van die liberaal-gesinde publikasie Slate reken egter dit sal nie ’n verskil maak nie.

Ongeveer 13 miljoen van die sowat 200 miljoen geregistreerde kiesers het reeds hul stemme uitgebring in die vroeë verkiesing in sleutelstate soos Noord-Carolina, Florida, Texas en Nevada.

“Gegewe die uitwerking van vorige e-pos-nuus, is dit moontlik dat hierdie verwikkeling onafhanklike of besluitelose kiesers sal laat wegdraai van Clinton af. Dit is ook moontlik dat haar negatiewe aspekte reeds ingereken is deur dié wat vir haar gaan stem.”

Chris Jackson en Julia Clark van Ipsos waarsku egter dat hoewel Clinton dié week voorgeloop het in die meningspeilings, dit nog nie ’n uitgemaakte saak is dat sy gaan wen nie: “Hierdie verkiesing is meer gelykop as wat dit wil voorkom.”

Maatskappye wat die peilings doen, is nou effens versigtiger nadat baie die onlangse Brexit-stem in Brittanje verkeerd voorspel het. Clinton en Trump se veldtogte bereik nou die pylvak en hulle sal waarskynlik fokus op state soos Ohio, Florida, Noord-Carolina en Pennsilvanië.

Enigiemand wat dink dat hierdie stryd reeds gewonne is, is ’n pampoen.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!