Ya Toivo: Tydperk van rou afgekondig
Vlae in Namibië sal van Woensdag 21 Junie tot Saterdag 24 Junie halfmas hang. Dié tyd is gister as 'n tydperk van rou in die land afgekondig om die dood van mnr. Andimba Toivo ya Toivo (92) te betreur.
In 'n verklaring deur Staatshuis word die vroeëre aankondiging deur pres. Hage Geingob dat Ya Toivo tot nasionale held verklaar en 'n staatsbegrafnis kry, bevestig.
Die volgende twee Vrydae sal roudienste op onderskeidelik Ondangwa en in Windhoek gehou word, met die ter aarde bestelling wat op Saterdag 24 Junie by die Heldeakker sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie