Ya Ndakolo: Soldate se verlof deel van besparing

Weermag kán soldate kos gee

23 February 2018 | Ministeries
Estelle de Bruyn



Benewens soldate wat deur die weermag met verpligte verlof gestuur is, is verskeie ander stappe ook deur die ministerie van verdedi­ging geneem om beste­ding te besnoei.

Só sê die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, wat Dinsdag 'n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering (NV) voorgelees het.

Hy sê die besluit om die soldate huis toe te stuur was “weldeurdag” en is daarop gemik om die regering tegemoet te kom om uitgawes te bespaar gegewe die huidige ekonomiese situasie in die land.

Van die ander stappe wat die ministerie doen om koste te bespaar, is die uitstel van groot militêre oefeninge wat duur is, die opskorting van die werwing van nuwe lede en die vermindering van en beheer oor voertuigbeweging.

“Deur 30% van die troepe met verpligte verlof te stuur, laat nog 70% van hulle op weermagbasisse. Dit is 'n standaard- militêre gebruik wat deur weermagte dwarsoor die wêreld, veral in vredestye, gedoen word. Ons het nie 100% van ons soldate op basisse nodig nie. Daar is altyd diegene wat op hul eie met verlof is of aan dringende persoonlike sake aandag skenk of met siekverlof is. Om dié rede is 100% van troepe op basisse nie altyd teenwoordig nie. Ek is seker daarvan dit is nie uniek aan die ministerie van verdediging nie.

“Selfs wanneer daar oorlog is, is dit onwaar­skynlik dat 100% van die troepe geredelik beskikbaar sal wees. Daar sal altyd iemand wees wat nie vir diens sal rapporteer nie, om watter rede ook al.

“In ons geval verwerp die ministerie van verdediging ten sterkste die feit dat verpligte verlof vir soldate uitgesonder word en vir politieke en propagandadoeleindes gebruik word,” het Ya Ndakolo gesê.

Hy ontken ook dat soldate huis toe gestuur is omdat daar nie vir hulle kos op die basisse is nie.

“Ons het geen probleem om die troepe van kos te voorsien nie. Mense moet hulle daarvan weerhou om die kwessie te gebruik om goedkoop politieke punte aan te teken,” het hy gesê.

Ya Ndakolo het soldate wat met verpligte verlof gestuur is, aangeraai om hul tyd nuttig en produktief te gebruik, op hul plase te werk en hul families te help om genoeg kos te produseer “om die nasie te voed”.

“Hulle moet ook die tyd gebruik om hul huise te bou en aan buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, deel te neem om fiks en gemotiveerd te bly terwyl hulle met verlof is.”

Ya Ndakolo het die versekering gegee dat selfs met 30% van die land se troepe met verlof, die land se verdediging en sekuriteit veilig is en dat die oorblywende magte in staat is om enige bedreiging die hoof te bied.

Soortgelyk

 

Tsumeb-Otavi railway line upgraded to SADC standard

22 ure gelede | Infrastruktuur

TSUMEB - The upgrading of the railway line between Tsumeb and Otavi to the Southern African Development Community (SADC) standard has been completed by the...

Geingob erken ellende

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.Tydens die herdenking...

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

22 ure gelede |

Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se...

Kalender 22 Maart

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Kosie Beukes, Die Ventertjies, Heidi en Pieter Mohr is tans op ’n Namibiese toer en tree vanaand by die Duitse klub...

Katrina-verhoor in die pylvak

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur...

Weer

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie plek-plek....

Alle grappies op ‘n verhoog

22 ure gelede | Kuns en vermaak

NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29...

Dié siener is ‘die ware Jakob’

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van...

Ouderdom, siekte red bejaarde van tronkstraf

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Hans Peter Rothen (73) se ouderdom en sy bedenklike gesondheid het hom van ’n vonnis agter tralies gered.Regter Naomi Shivute het Rothen...