Ya Nangoloh spoeg vuur in mensehandelsaak

Borgtogverhoor duur voort

04 October 2018 | Howe
Kenya Kambowe op Oshakati



Die menseregteaktivis mnr. Phil ya Nangoloh het gister in die Oshakati-landdroshof gesê die twee beskuldigdes wat op klagte van mensehandel en verkragting van 'n 14-jarige meisie verskyn, moet borgtog geweier word.

Ya Nangoloh was die eerste staatsgetuie in die formele borgtogverhoor van mnr. Frederick Jacobus van Zyl (32) en sy 18-jarige medepligtige, Sylvia Bonifatius (18). Hulle staar klagte van mensehandel, twee aanklagte van verkragting, onsedelike praktyke, die bedwelming en/of verdowing van 'n vroulike slagoffer vir onwettige seks in die gesig.

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle 'n 14-jarige skoolmeisie van Oshakati in Julie ontvoer, bedwelm en verkrag het. Hulle is eers in September in hegtenis geneem.

Ya Nangoloh, het uitgebreide getuienis voor hooflanddros Mika Namweya gegee en verduidelik die twee beskuldigdes mag nie op borgtog vrygelaat word nie en moet in aanhouding bly totdat die saak afgehandel is.

Ya Nangoloh het verwysings na internasionale en plaaslike wette, asook die Grondwet gemaak en gesê die hof word verbied om borgtog toe te staan as verdagtes op ernstige oortredings soos mensehandel aangekla is.

“Mensehandel is 'n oortreding wat nie borgtog verdien nie. Diegene wat op sulke ernstige klagte soos mensehandel verskyn, moet agter tralies bly totdat die saak afgehandel is en bepaal is of hulle skuldig of onskuldig is,” het Ya Nangoloh gesê.

Die beskuldigdes doen formeel om borgtog aansoek wat die staat om vyf redes teenstaan, onder meer die erns van die oortredings, die vrees dat hulle op die vlug kan slaan, asook dat hulle met die ondersoek kan inmeng.

Die staat meen ook dit is nie in openbare belang of in dié van geregtigheid as hulle borgtog toegestaan word nie, veral omdat die ondersoek nog in 'n vroeë stadium is.

Voor Dinsdag se hofverrigtinge is lede van die publiek deur die Noorde-sakeman mnr. Sigo Amunyela in 'n vreedsame optog gelei in 'n betoog dat borgtog nie aan die beskuldigdes toegestaan word staan nie.

“Te veel sake van ontvoering word in Namibië gerapporteer. Ons weet nie of hierdie twee reeds voorheen vermiste kinders ontvoer het nie en of hulle nog meer kinders gaan ontvoer nie. Hulle is beslis 'n bedreiging vir die samelewing en moet agter tralies bly,” het 'n petisie aan die hof gelui.

Bonifatius het aan die hof gesê dat sy en Van Zyl in 'n romantiese verhouding is. Sy het ook getuig dat sy 'n goeie vriendin van die slagoffer is, maar hulle het die verhouding in Julie beëindig.

Bonifatius het ook beweer dat die slagoffer weggekruip het nadat haar pa haar glo geslaan en uit sy huis gejaag het.

Van Zyl het gister getuig dat hy van geen voorneme is om te vlug nie, “want 'n onskuldige man vlug nie”.

Beide Van Zyl en Bonifatius het gesê dat hulle van voorneme is om onskuldig op alle klagte te pleit.

Bonifatius word deur mnr. Simson Aingura verteenwoordig en Van Zyl deur mnr. Pieter Greyling.

Me. Chrisna Masule is die staatsaanklaer.

Die borgtogverhoor duur voort. Die staat het aangedui dat nóg getuies geroep gaan word.

Soortgelyk

 

Weermag trek skouers op

45 minute gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Talle Namibiërs is die josie in oor wat sommige as die militarisering van die land se strate bestempel.Maar die Namibiese weermag (NDF)...

Grubesonderhede in die hof onthul

45 minute gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakopmund - Die beskuldigde in die Arandis-moorde sê hy is oorbluf deur die magdom getuienis wat die staat teen hom ingewin het.Tog...

Swapo wen naelskraap op Ondangwa

45 minute gelede | Politiek

Denver Kisting – Net 3 792 van die geregistreerde 15 800 kiesers het Saterdag in die tussenverkiesing op Ondangwa gestem.Dit verteenwoordig ’n skrale 24%-deelname.Die naweek...

Weer vir 17 Junie 2019

45 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm oor die sentrale dele. Elders sal dit warm tot baie warm wees. KUS: Mooiweer en warm tot baie...

Gebrekkige waterbesparings táp damme

45 minute gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die droogloopdatum vir damme wat Windhoek van water voorsien, het nou met tussen twee en drie weke vervroeg. Dít omdat Windhoekers...

Brand vernietig nege huise in Mondesa

45 minute gelede | Ongelukke

Adolf Kaure - Verskeie families is dakloos gelaat nadat 'n brand Vrydagmiddag nege huise by die enkelkwartiere van die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund vernietig het. Volgens...

Indonesiërs in Namibië vier Eid Mubarak

45 minute gelede | Lesersfoto's

Die Indonesiese ambassade in Namibië het verlede Dinsdag Eid Mubarak – die einde van die heilige maand van Ramadaan in die Moslemgeloof – ­gevier. Ambassadeur...

Maatskaplike impak van droogte gemeet

45 minute gelede |

Elvira Hattingh - Droogtetoestande in Namibië en Angola is deur die navorsers van die Instituut vir Sosio-Ekologiese Navorsing (ISOE) gebruik om 'n nuwe instrument te...

Visums by lughawe uitgereik

45 minute gelede | Toerisme

Inwoners van lande soos onder meer Suid-Afrika, Duitsland, Frankryk, Italië, Amerika, Hongkong, Australië, Nederland, Angola, Zimbabwe en Zambië wat in Namibië wil kom vakansie hou,...