Ya Nangoloh getuig teen borgtog vir Moussongela
Die uitvoerende direkteur van die Nasionale Vereniging vir Menseregte van Namibië (Namrights), Phil Ya Nangoloh, het op 22 Mei voor landdros Jurina Hochobes getuig dat sy organisasie glo dat borgtog nie aan die beskuldigde Pedro Marcellino Moussongela toegestaan moet word nie.
Namrights, 'n nasionale en onpartydige menseregte-organisasie, is in 1989 gestig met die doel om menseregte-oortredinge in Namibië en wêreldwyd te bekamp.
Volgens Ya Nangoloh verdien die klagte teen die pastoor van die Mennonite Brethren Church 'n swaar straf.
“'n Misdaad teen die mensdom verdien nie 'n ligte straf nie, wat nog te sê van borgtog, want hy (Moussongela) gaan heel waarskynlik terugkeer na die gemeenskap en dieselfde oortredings begaan,” het Ya Nangoloh gesê.
Hy het Maandag in die landdroshof op Ondangwa tydens Moussongela se borgtogverhoor getuig. Moussongela word van mensehandel, ontvoering, verkragting en ander oortredings beskuldig.
Onder die beweerde slagoffers van mensehandel is Moussongela se vier kinders. Hy het hulle glo in 2015 na die Verenigde Koninkryk gestuur.
Ya Nangoloh het aan die hof gesê dat, hoewel die kinders in die proses is om na Namibië terug te keer, hulle vir 'n regsverteenwoordiger gesê het hulle vrees hul terugkeer - veral as hul pa nog op vrye voet is.
Ya Nangoloh het deur middel van korrespondensie met die betrokke prokureur uitgevind dat een van die kinders vir 'n regsverteenwoordiger gesê het dat sy gesien het hoe haar pa 'n 15-jarige meisie verkrag en 'n vrou in hul huis molesteer.
Sy het glo gesê sy is bang om terug te keer.
Die menseregte-advokaat het ook vir die hof gesê indien borgtog aan die beskuldigde toegestaan word terwyl daar nog slagoffers is wat vermis word, dit dieselfde sou wees as om 'n wolf tussen skape los te laat.
Hy het klem gelê op die feit dat die saak ingewikkeld is en het voorgestel dat dit in die hoërhof aangehoor word.
Die borgtogverhoor gaan Dinsdag voort.
Tuwilika Shailemo, 'n prokureur, verteenwoordig Moussongela, terwyl Dollien //Gowases, staatsaanklaer, die staat verteenwoordig. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie