Xaris kry bloedneus in hof
Xaris kry bloedneus in hof

Xaris kry bloedneus in hof

Die winsgewende kontrak vir die oprigting van 'n kragaanleg is van die baan.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Xaris Energy (Edms.) Bpk. het nóg ’n bloutjie in die hof geloop in sy poging om die winsgewende kontrak vir die Walvis Bay Power Project te kry.

Die hooggeregshof het Vrydag bevind die NamPower-tender moet hersien word en ter syde gestel word.

Xaris en NamPower moet die koste van Arandis Power (Edms.) Bpk. se appèl gesamentlik én afsonderlik betaal.

Arandis Power was die “voorbehoue bieër” vir die multimiljard dollar-tender om die aanleg aan die kus te bou, en het teen ’n hoërhofbeslissing geappelleer.

Dié beslissing het bevind Arandis se bevraagtekening van die toekenning aan Xaris bevat geen meriete of integriteit nie.

Arandis Power het sy appèl op 30 Januarie ingedien, twee dae nadat NamPower die tender gekanselleer het wat hy aan Xaris toegeken het.

Arandis Power het egter gesê die kwessie sal slegs afgehandel wees as Xaris “onomwonde en onherroeplik” op skrif erken dat die tender geldig gekanselleer is.

Volgens Arandis Power het Xaris geweier om dié vereiste erkenning van die kansellasie te verskaf.

Agtergrond

Die tenderproses het in Maart 2014 begin toe NamPower aansoeke vir die kontrak gevra het.

Met die sluitingsdatum in September 2014 het drie maatskappy dokumentasie vir ’n “versoek vir ’n voorlegging”(RFP) ingedien.

Die maatskappye was Arandis Power, Xaris Energy en Sinohydro Corporation Limited.

Op 21 Oktoer 2014 het NamPower onderskeidelik Xaris en Arandis Power ingelig dat hulle “voorkeur” kry en dat hulle “gereserveerde” bieërs is.

In Maart 2015 het die NamPower-raad die tender aan Xaris toegeken.

Arandis Power het volgehou hy is nie oor die besluit ingelig wat op 15 April 2015 net op NamPower se webtuiste verskyn het nie.

Intussen het die minister van myne en energie Nampower gelas die toekenning van die kontrak moet, hangende ’n ondersoek, uitgestel word - ’n opdrag wat NamPower uitgevoer het.

President Hage Geingob het die ministerie se posisie op 29 Junie 2015 bevestig.

Volgens Arandis Power het die voormalige minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, by ’n daaropvolgende vergadering bevestig die tender is uitgestel en die toekenning daarvan sal nie meer deur NamPower behartig word nie, maar deur die kantoor van die president.

Kandjoze het egter ontken dat hy dit gesê het en het op 22 Desember 2015 aangekondig NamPower kan voortgaan om met Xaris te onderhandel. Hierdie onderhandeling was aan sekere voorwaardes onderworpe.

Arandis het eers op 18 Januarie 2016 van die nuwe verwikkelinge bewus geraak en het dié besluit bevraagteken in briewe wat aan Kandjoze gerig is, asook aan die voormalige prokureur-generaal mnr. Sacky Shanghala en NamPower.

Toe Kandjoze reageer en sê die kwessie is na die kantoor van die prokureur-generaal verwys, het Arandis hom tot die hoërhof gewend, maar die aansoek egter in Julie 2016 verloor.

Die hoërhof se verweer was Arandis het hul hofaansoek “onnodig vertraag” omdat dit reeds in Oktober 2014 daarvan bewus was dat Xaris die voorkeur-bieër was.

Tydens die verloop van die hersieningsproses het NamPower toegegee sekere toegewings is in die toekenning van die tender aan Xaris gemaak.

Dié toegewings was dat die toekenning aan Xaris buite die tydperk gemaak is wat die tender geldig was en dat dit nie met die tendervereistes ooreenstem nie.

Die hooggeregshofregters Sylvester Mainga, Dave Smuts en Elton Hoff het bevind die hoërhof moes die toekenning van die tender ter syde gestel het, omdat dit NamPower se erkenning aanvaar het dat die tender buite die tydperk van geldigheid in die afwesigheid van enige verlengings aan Xaris toegeken is.

Arandis Power is verteenwoordig deur mnr. Steven Budlender en me. Natasha Bassingthwaihte.

Xaris Energy is deur mnr. Raymond Heathcote verteenwoordig, ondersteun deur me. Beatrix de Jager.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069