Wurger kry 37 jaar
Die man wat ’n jong vrou bykans twee jaar gelede vermoor en aan die brand gesteek het, is gister gevonnis.
Jacqueline Louw - Regter Christie Liebenberg het gister in die Windhoek hoërhof in Windhoek, tydens vonnisoplegging van die 31-jarige Ivan //Hoëseb vir die moord op die 26-jarige me. Elizabeth Ganses, gesê dit was ’n sinnelose daad weens die gebrek aan motief.
Hy het ook gesê dat //Hoëseb ’n gevaar vir die samelewing is. Die regter het hom tot 34 jaar tronkstraf vir moord, een jaar vir diefstal en ses jaar vir die poging om die gereg te dwarsboom, gevonnis.
Die regter het beveel dat die vonnis vir diefstal en drie jaar van die vonnis vir dwarsboming van die gereg saam met die moordvonnis uitgedien word. //Hoëseb sal dus 37 jaar agter die tralies deurbring.
In sy uitspraak het regter Liebenberg gesê //Hoëseb het nie aanvanklik toe hy as verdagte in die saak aangekeer is, sy betrokkenheid erken nie, maar eers later toe daar getuienis was wat hom met die oorledene se selfoon verbind het.
//Hoëseb het onskuldig gedurende die verhoor op die klagte teen hom gepleit en gesteun op sy grondwetlike reg dat hy onskuldig is totdat sy skuld bewys word.
Regter Liebenberg het in sy uitspraak gesê “dit kom voor asof die beskuldigde homself beskou as die ongelukkige slagoffer van omstandighede wat hom in die huidige katastrofe van skuldigbevinding gedompel het.” Gedurende ’n onderhoud met adjunk-kommissaris Khairabeb van die Namibiese polisie het //Hoëseb opgemerk “miskien is ek vervloek”.
Liebenberg het gesê die berou wat //Hoëseb uitgespreek het oor sy misdaad, was nie opreg nie en dat dit gevolglik min gewig dra as ’n versagtende faktor in vonnisoplegging.
Die regter het hom ook uitgespreek oor die skrikwekkende en brutale aanvalle op onskuldige en kwesbare persone wat sonder ophou in die Namibiese samelewing plaasvind.
Regter Liebenberg het gesê die mesaanval op Ganses en haar verwurging met kaal hande of ’n gordel dui op //Hoëseb se wreedheid. “Nog ’n ontstellende kenmerk van die saak was dat die beskuldigde ’n skerp voorwerp in die slagoffer se vagina gesteek het en haar liggaam aan die brand gesteek het. Vir my is dit ’n aanduiding dat die persoon voor die hof geen respek vir die lewe van ’n ander het nie, en dit weerspieël die omvang van die stappe wat hy sal doen om geregtigheid te ontduik,” het die regter in sy uitspraak gesê.
//Hoëseb het Ganses gedurende die nag van 30 tot 31 Oktober 2015 op Otjiwarongo met ’n mes aangeval en verwurg en daarna sy spore probeer uitwis deur haar liggaam aan die brand te steek. Haar selfoon is later in sy besit gevind.
Die regter het gemaan dat hoewel die hof vonnisse moet oplê wat as afskrifmiddel moet dien, dit versigtig moet wees om nie ’n beskuldigde die sondebok vir alle oortreders van soortgelyke oortredings te maak nie.
//Hoëseb se regsverteenwoordiger, mnr. Milton Engelbrecht, het gesê die vonnis is te swaar en dat hy daarteen gaan appelleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie