WRP skop sekretaris-generaal uit
WRP skop sekretaris-generaal uit

WRP skop sekretaris-generaal uit

'n Klag teen die Workers Revolutionary Party se waarnemende sekretaris-generaal is by die polisie ingedien.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Workers Revolutionary Party (WRP)-parlementslid, mnr. Benson Kaapala, sê die Duitse burger mnr. Klaus Weichhaus is nie meer die waarnemende sekretaris-generaal van die party nie en mag nie by enige van sy aktiwiteite betrokke raak nie.

Kaapala het gesê “weens interne kwessies” in die WRP, met verwysing na die voortslepende leierskapkrisis, is Weichhaus destyds gevra om vanaf September 2016 as sekretaris-generaal te dien.

Volgens Kaapala is Weichhaus ná 'n vergadering op 9 Maart vanjaar ingelig dat hy nie meer 'n lid van die party is nie.

“Wat hy ook al doen, is nie op ­instruksies van die WRP nie.”

Kaapala het ook gesê 'n saak teen Weichhaus is by die polisie aan­gegee “omdat hy so onbeskof is”.

Volgens Namvet, 'n organisasie van oudsoldate van die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWAGM) en Koevoet, het Weichhaus op 5 Mei 'n vergadering met minstens 37 oudsoldate op Ondangwa gehou en hulle aangesê om hulself van Namvet te distansieer en by die WRP aan te sluit.

Mnr. Jabulani Ndeunyema, Namvet-voorsitter, het Woensdag gesê Weichhaus het die oudsoldate glo tussen N$300 en N$400 betaal om die WRP-lidmaatskapkaarte te aanvaar. Weichhaus sou glo ook die ­afgelope Saterdag 'n vergadering op ­Ondangwa gereël het in die hoop om nog oudsoldate te werf.

Volgens Kaapala dra die WRP geen kennis van die vergaderings nie en stel Weichhaus homself bloot vir vervolging as hy wel partylidmaat­skap gekoop het.

“As dit waar is, moet hy in hegtenis geneem word. Mense moet uit eie keuse lede word. Ons oorweeg dit om 'n interdik teen hom te kry,” het Kaapala gesê.

Namvet-lede beweer Weichhaus het 'n Namibiese identiteitsdokument wat hy gesê het hy vanweë sy “vriendskap met alle Swapo-lede" bekom het.

“Elke keer as ons Klaus raakloop, wil hy politiek bespreek. Hy hou van praat oor die Russiese president, Wladimir Poetin, en alles wat met die voormalige Oos-Duitsland verband hou. Hoe kan hy met voormalige SWAGM/Koevoet-lede geassosieer word?” wou Ndeunyema weet.

Weichhaus sê hy het geen kennisgewing van die WRP oor sy waarnemende amp ontvang nie. Hy ontken ook dat hy ooit met oud-soldate vergader het en sê hy het nog nooit enige geld vir lede-kaarte uitgegee nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!