Wêreldrugby skuif sy fokus na vroue
Rugby
Wêreldrugby het 'n roerende bemarkingsveldtog op sosiale media begin om die sport onder vrouespelers 'n hupstoot te gee, met Bill Beaumont, die beheerliggaam se voorsitter, wat sê dit is waar die spel die meeste groei.
Volgens Beaumont speel 2,7 miljoen vroue wêreldwyd rugby. Dit is 'n styging van 28% in geregistreerde spelers teenoor 2017. Wêreldrugby se syfers dui ook aan dat meer as 40% van die spel se 400 miljoen aanhangers vroue is.
Die “Try and Stop Us”-veldtog, wat vrouespelers as “Unstoppables” beskryf, is daarop gemik om deelname onder toeskouers, spelers en beleggers in vrouerugby te bevorder.
Dit gebruik die stories van 15 vroue en meisies betrokke by rugby op alle vlakke van die spel.
“Ons glo vas die ontwikkeling van vroue in rugby is die enkele grootste geleentheid vir ons sport om in die volgende dekade te groei,” sê Beaumont.
“Nie net beleef vrouerugby ongekende vooruitgang regoor die wêreld nie, maar ons is goed op pad om ons doelwit te bereik van 'n onpartydige spel vir almal deur die toepassing van ons strategiese aksieplan, wat die effek van transformasie op alle gebiede van ons spel het.
“Van die sport se raadsale tot by deelname op voetsoolvlak, ons is daartoe verbind dat vroue gelyke geleenthede op en van die veld ontvang.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie