Wêreldklas toernooi op pad
Tennis
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) is baie opgewonde oor die geleentheid om die gasheer vir 'n onder 18-toernooi op die ITF Wêreldtoer vanaf 29 April tot 11 Mei in Windhoek te wees.
Meer as 200 inskrywings van meer as twintig lande van elke vasteland is ontvang. Die Namibiese broers Connor en Cody van Schalkwyk, wat in Marokko gebaseer is, kan dalk teenwoordig wees en vorm ook in die dubbelspel 'n gedugte kombinasie.
Besighede en individe wat belang stel om toekomstige toernooie te borg of wat meer inligting verlang, word genooi om 'n e-pos na [email protected] te stuur.
ONDER 14's GETOETS
Twee Namibiese o.14-spelers, Raica Coelho en Dian Calitz, is gekies om vanaf komende Vrydag in Benoni, Suid-Afrika, in die Afrika junior tenniskampioenskap te gaan meeding.
Dié graad 1-toernooi (23-29 April) is net vir die beste spelers op die vasteland bedoel. Dit word deur 'n opwarmtoernooi vanaf Vrydag tot 22 April voorafgegaan.
Die o.14 Afrika-kampioenskap is verlede jaar deur Namibië se Connor van Schalkwyk gewen, wat tot die uitnodiging vir die land en die toekenning van dié plek aan Dian Calitz gelei het.
Coelho het gekwalifiseer deurdat sy tans twaalfde in Suider-Afrika in haar ouderdomsgroep gereken word.
TOERNOOI NOMMER 3
Die NTA het twee naweke gelede sy derde junior toernooi vir die jaar in Windhoek aangebied. Altesame 61 spelers tussen die ouderdomme van sewe en 18 jaar het ingeskryf vir die kompetisie van twee dae om die wenners in elke kategorie te bepaal.
Afgesien van die aanskoulike tennis was daar ook nuwe talent wat na vore getree het.
Israel Dowie, agt jaar oud, het derde geëindig in 'n sterk o.12-seunsgroep.
Net so het Adam Diggle (onder 12) indruk gemaak deur derde van die o.16's klaar te maak nadat George Louw hom in die semifinaal uitgeskakel het. Louw was eerste gekeur en het ook dié ouderdomsgroep gewen.
By die onder 16 meisies het Raica Coelho (eintlik onder 14) beïndruk deur die topgekeurde Hendrina Appollus in 'n baie taai wedstryd met 7-5, 7-6 te klop.
Die enkelspel-uitslae van die onlangse derde NTA junior toernooi se finale:
Meisies o.10: Minenhle Moyo klop Joavinia Bezuidenhout.
Meisies o.12: Karla Terblanche klop Ayanda Basson.
Seuns o.12: Ruben Yssel klop Lian Kuhn.
Meisies o.14: Sytisha Goagoses klop Larushka Kruger.
Seuns o.14: Oliver Leicher klop Haleinge Ruben.
Meisies o.16: Raica Coelho klop Hendrina Apollus.
Seuns o.16: George Louw klop Daneel van der Walt.
O.18 (seuns en meisies): Meghan Lombard klop Mike Kambonde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie