Wêrelddag vir water, vleilande en woude gevier

‘Laat niemand agter’

15 March 2019 | Ministeries
Elvira Hattingh



Namibië vier vandag Wêreldwater-, -woude- en -vleilandedag op Rehoboth.

Die eerste verrigtinge het gister reeds afgeskop toe die ministerie van landbou, water en bosbou 10 skole van Rehoboth op opvoedkundige uitstappies geneem het.

Die amptelike geleentheid word vandag langs die Oanobdam by NamWater se kantoor aangebied, en terselfdertyd sal 11 nuwe gemeenskapswoude bekend gestel word, soos onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is.

In 'n verklaring wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou uitgereik is, sê die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika, vanjaar se tema wêreldwyd is “laat niemand agter”.

“Op wêreldvlak sluit dit by die doelwitte van Agenda 2030 vir volhoubare ontwikkeling aan, waaruit almal voordeel kan trek. Die sesde ontwikkelingsdoelwit van die agenda is ook dat almal teen 2030 water moet hê,” het Misika gesê.

Wêrelddag vir water word sedert 1992 jaarliks op 22 Maart gevier en word deur die Verenigde Nasies (VN) gekoördineer.

Die doel is om meer bewustheid oor waterkwessies te skep en aksie te neem om waterverbruik wêreldwyd volhoubaar toe te pas.

“Vandag leef meer as 663 miljoen mense sonder 'n veilige bron van water naby hul huise en moet hulle ure lank in rye staan of ver loop om water te kry.

“Sommiges drink selfs besoedelde water,” het Misika gesê.

Hy het gesê ongeag die stappe wat die regering, asook belangegroepe in die verband gedoen het, moet baie werk steeds gedoen word.

“Die ministerie, tesame met sy belangegroepe, moet toegang tot water en sanitasie verder verbeter, veral as dit kom by mense in informele nedersettings en landelike gebiede,” het hy gesê.

In 2012 het die VN 21 Maart as Wêrelddag vir woude geproklameer om groter bewustheid van die belangrikheid van bome te skep.

Vanjaar se tema is “woude en onderrig”, en beoog om bewustheid te skep van hoe woude tot die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling kan bydra.

Wêrelddag vir vleilande word jaarliks op 2 Februarie gevier om bewustheid te skep van die belangrike rol van vleilande vir mense en die planeet.

“Namibië het vyf vleilande wat as van wêreldbelang verklaar is. Altesaam dek dit 'n area van 676 564 ha,” het Misika gesê.

Die vieringe word aangebied in same­werking met die ­ministerie van die omgewing en ­toerisme, NamWater, die ­Windhoekse ­munisipaliteit, die ­Verenigde Nasies se Landbou- en Voedsel­organisasie (FAO), hul Ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Namibië Universiteit van ­Wetenskap en Tegnologie (Nust).

Soortgelyk

 

Boere se donkerste uur is N$400 vir veilingskoei

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - 'n Foto van 'n kwitansie wat toon 'n boer het gister (Donderdag 23 Mei) net N$400 vir 'n maer koei op Blaauwberg...

Air Namibia staak sy Wes-Afrika-roete

2 dae gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Van vandag af vlieg Air Namibia nie meer via Lagos in Nigerië na Accra in Ghana nie.Dié Wes-Afrikaanse roete is aan die...

Rusland moet help met droogte

2 dae gelede | Regering

Die regering het Rusland vir humanitêre droogtehulp gevra, het die Russiese nuusagentskap Sputnik berig.‘n Russiese afvaardiging onder leiding van die land se adjunkpremier, mnr. Joeri...

Interns se salarisse aangepas

2 dae gelede | Regering

Henriette Lamprecht – Die regering gaan miljoene spaar met die aanpassing van salarisskale vir interns en vakleerlinge om dit meer met dié van die private...

Betaal jou 2% of belasting styg

2 dae gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy en Denver Kisting - Sou die regering nie minstens ’n halfmiljard dollar uit vrywillige bydraes van werkers kry vir onder meer droogtehulp nie...

Meatco soek dalk nog slagplek

2 dae gelede |

Elvira Hattingh - Meatco oorweeg om bykomende slagplase in te span om die groot getal beeste, wat produsente tans lewer, te kan slag. Dit beteken...

Weer vir 24 Mei 2019

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige toestande en buie word in die streke van Kunene, Otjozondjupa, Khomas, Hardap en ||Kharas verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met...

Kalender 17 Mei

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer aan die gang. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika....

Lugtyd vir jou liedjie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Michael Kayunde – Verskillende radiostasies het reëls oor die vereistes waaraan ‘n liedjie moet voldoen om deur ’n stasie gespeel te kan word. Kollig het...