Wêreldbeker: twee wedstryde weens tifoon gekanselleer

10 October 2019 | Sport
Meghan Lawrence - Die organiseerders van die Wêreldbeker-toernooi in Japan het Donderdag twee groepwedstryde wat Saterdag sou plaasvind afgestel weens die bedreiging wat tifoon Hagibis inhou.
Hagibis is op koers om teen die naweek Foekoeoka aan Japan se noordwestelike kuslyn te tref.
Dié supertifoon kan oorstromings veroorsaak.
Die hele Japan word ook gewaarsku dat ’n sterk wind van tot 270 km/h groot ontwrigting kan meebring.
Die Japanse Meteorologiese Agentskap (JMA) sê die tifoon Hagibis is baie kragtig.
Die beheerliggaam, Wêreldrugby, sê hulle het die risiko’s wat die tifoon inhou deeglik oorweeg saam met die plaaslike organiseerders, wat onafhanklike weerkenners aangestel het.
Die naweek se groepwedstryde is dus gekanselleer.
“Ons het die moeilike, maar regte besluit geneem om van die wedstryde weens veiligheidsredes te kanselleer,” sê Wêreldrugby in ’n verklaring wat vroeg Donderdag Suid-Afrikaanse tyd uitgereik is.
Twee groepwedstryde wat Saterdag (plaaslike tye onder aangedui) gespeel word, is gekanselleer.
Dit is die All Blacks teen Italië (13:45) wat in Toyota teen mekaar sou speel en Engeland teen Frankryk (17:15) in Jokohama.
Die wedstryd tussen Ierland en Samoa (19:45) in Fukuoka en Vrydag se wedstryd tussen Australië en Georgië (19:15) in Sjizoeoka gaan voort.
“Die besluit om wedstryde te kanselleer, is nie ligtelik geneem nie. Dié besluit is gedoen in die belang van die publiek, spanne en almal wat betrokke is in die toernooi. Ons het alle opsies oorweeg, maar die publiek en spanne se veiligheid is ons eerste prioriteit.”
Wêreldrugby sê hulle wou ook seker maak dat hulle regverdig optree teenoor die spanne wie se wedstryde gekanselleer is.
Hulle het dus besluit dat, volgens die toernooi se reëls, die spanne wie se wedstryde gekanselleer is, twee punte elk sal kry.
“Ons verstaan dat Engeland, Frankryk, Italië en Nieu-Seeland se ondersteuners teleurgesteld sal wees, maar ons vertrou dat hulle dit sal waardeer dat ons hul veiligheid eerste gestel het.”
Wêreldrugby sê hulle sal almal wat kaartjies vir dié wedstryde gekoop het, se geld ten volle terugbetaal.
Hulle het ’n beroep op alle ondersteuners gedoen om eerder Saterdag binnehuis te bly en nie rond te reis nie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 uur gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

13 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

13 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

13 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...