Wu00eareld vat hande teen diu00e9 sindikate
Wu00eareld vat hande teen diu00e9 sindikate

Wêreld vat hande teen dié sindikate

Elise Tempelhoff

Die onwettige handel in wild (diere en plante) is ’n dringende internasionale kwessie. Dit vind deesdae op ’n industriële skaal plaas en hou ’n bedreiging in vir die veiligheid van inwoners van lande en streke waar gesogte fauna en flaura voorkom.

Só het die verteenwoordigers van lande einde verlede week in Londen gesê by die afsluiting van die internasionale beraad oor die onwettige handel in fauna en flora. Hulle het by dieselfde geleentheid die Londen Deklarasie onderteken waarin hulle belowe om “oor grense heen” hande te vat en kollektief aksie te neem om netwerke van sindikate te ontwrig en markte te sluit.

“Ons is vasbeslote om hierdie transnasionale misdade hok te slaan,” lui die deklarasie.

Georganiseerde misdaad en korrupsie wat verband hou met die onwettige handel in wild ontneem regerings van baie belangrike inkomste.

Luidens ’n verklaring wat na afloop van die beraad uitgereik is, sal olifante, renosters, grys papegaaie, ietermagogs en rooshout binnekort van die aardbol verdwyn as “’n wêreldwye, gesamentlike, aggressiewe” aksie nie geneem word teen die sindikate nie.

Buiten stropery is hierdie spesies ook onder druk weens groeiende menslike bevolkings, habitatverlies en besoedeling.

MEESTAL GEORGANISEERD

Die onwettige handel in fauna en flora is meestal baie georganiseerd. “Dit is ’n verfynde kriminele aktiwiteit wat op ’n industriële skaal plaasvind. Die netwerke dring grense binne en is gewoonlik vervleg met geldwassery, die grootskeepse smokkel van dwelms, wapens en mensehandel.

“Die sindikate ondermyn lande se wette en staan in die pad van ekonomiese groei. Die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne kan bydra tot die bewaring van noodsaaklike habitats en ekostelsels wat op sy beurt geweldig baie geleenthede bied vir werkskepping.

“Georganiseerde misdaad en korrupsie wat verband hou met die onwettige handel in wild ontneem regerings van baie belangrike inkomste.”

Dit gebeur dikwels dat regerings noodsaaklike geld wat gebruik moet word vir teenstropingsoperasies kanaliseer na meer “noodsaaklike” dienste omdat hierdie aktiwiteit die staatskas wegkalwe.

Luidens die verklaring word die onwettige handel in fauna en flora te dikwels beskou as net ’n omgewingskwessie. In werklikheid is dit ’n kwessie van nasionale en internasionale belang en kan dit gemeenskappe ontwrig.

Die Londen deklarasie lui voorts: as een van die eerste stappe om die deklarasie in werking te stel, sal groot bewusmakingsveldtogte in verbruikerslande van stapel laat loop word om die vraag na die produkte te laat afneem. Tot dusver is daar internasionaal heeltemal te min hulpbronne hiervoor beskikbaar gestel.

SWARTMARK

Intussen het die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn(IFAW) die naweek in ’n verklaring gesê sakelui, regerings, bewaringsorganisasies en akademici het by die pasafgelope beraad saamgespan om die Global Wildlife Cybercrime Action Plan van stapel te stuur om die smokkel van fauna en flora oor die internet hok te slaan.

IFAW se onlangse navorsing het gewys daar was in net ses weke in vier lande 11 772 advertensies vir bedreigde lewende diere asook van hul liggaamsdele op die internet geadverteer. Die geskatte waarde van dié diere en hul liggaamsdele is sowat R57 miljoen (3 miljoen pond) op die swartmark werd. Hierdie advertensies het olifanttande, stukkies renosterhoring, pels en verskeie velle van groot wilde katte ingesluit. IFAW het ook advertensies opgemerk vir lewende groot katte, krokodille, slange, oerangoetangs, asook gorillas.

Die werk om smokkelnetwerke op die internet te ontwrig, word gedoen deur die Global Coalition to End Wildlife Trafficking Online. Dit is ’n gesamentlike operasie deur IFAW, die organisasie Traffic (the Wildlife Trade Monitoring Network) en die Wêreldnatuurfonds (WWF). Die koalisie is van plan om die smokkel van wild op die internet teen 2020 met tot 80% te laat afneem. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053