Wêreld stroom na skou

12 January 2006 | Politiek en nasionale nuus
TIENTALLE verslaggewers van regoor die wêreld is sedert Dinsdag in Berlyn, Duitsland, byeen om die 71ste jaarlikse internasionale voedsel- en landbouskou, die International Green Week, by te woon.
Die groep wat veral uit lande van die voormalige Oosblok, Europa en Afrika afkomstig is en vir die week die gaste van die Goethe Instituut is, het gister in Berlyn aangeland waarna hulle deur die minister van voedsel, landbou en verbruikersveiligheid, mnr. Horst Seehofer, verwelkom is.
Die skou is vir die eerste keer in 1926 aangebied en dien hoofsaaklik as toetsmark vir voedsel- en luukse items asook om handelsname in die internasionale mark te vestig.
Vars groente, vis, vleis en suiwel-produkte is veral kenmerkend van die skou en internasionale ver-spreiders van wyn, bier en sterk drank maak gebruik van die ge-leent-heid om hul produkte bekend te stel.
Wat die landbou-aspek van die tentoonstelling betref, word kom-mer-siële boerdery, nie-kommersiële boerdery, bosbou en landskap-argitektuur by die skou ver-teen-woordig. Vervaardigers stal die nuutste tegnologie op die gebied van landbou, kweekhuise en tuin-boukunde uit en verspreiders van saad en bemestingstowwe is ook hier te sien.
Die tentoonstelling beslaan 'n oppervlak van 114 000 vierkante meter wat 26 sale huisves. Altesa-me 1 600 uitstallers is vanjaar teen-woordig. Die aantal besoekers wat die skou vanaf vandag gaan by-woon, sal na verwagting 440 000 beloop.
Die groep verslaggewers sal die amptelike opening van die skou bywoon wat deur mnr. Seehofer behartig sal word. Hulle sal ook na die Bioland Ranch Zempow gaan wat veral bekend is vir sy organiese asook beesboerdery. Hier sal spesiale aandag aan die verbouingsmetodes geskenk word.
Die unie vir organiese boere sal die groep hier toespreek en 'n bespreking oor streeksbemar-kingstrategieë sal ook plaasvind. Op Saterdag kry die groep die geleentheid om die skou by te woon waar met verskeie produsente en vervaardigers in gesprek getree sal word.

Soortgelyk

 

Trane loop oor lusern vir droë Vredeshoop

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Toe me. Bella Marais se hart wou breek vir haar ouers, vasgevang in die knelgreep van die droogte op hul plaas Vredeshoop,...

Gewone Zimbabwiërs krepeer

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hernieude politieke en ekonomiese ellende in Zimbabwe laat die deursneeburger opnuut aan die agterspeen suig.’n Zimbabwiese vrou, wat in Windhoek as...

Woestynleeus oorleef op mariene dieet

17 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Dit het vir die woestynaangepaste leeus in die Skedelkus Nasionale Park 15 jaar gevat om die ryk mariene dieet van hul voorouers...

Weer vir 23 Januarie 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in...

Feestyd-reëns stel teleur

17 ure gelede | Weer

Mariselle Stofberg - Volgens die jongste amptelike reënvalverslag van die ­Namibiese weerkantoor het die ­onderdrukte reënval oor groot dele van die land aanleiding gegee...

Mostert sien rooi

17 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros en bekende in rugbykringe, het gister sy humeur verloor toe hy om kommentaar genader is oor...

Nauyoma ’n ‘politieke vlugteling’

17 ure gelede | Howe

Jemima Beukes - Die aktivis verbonde aan die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), mnr. Dimbulu­keni Nauyoma, wat Vrydag met die Windhoekse stadspolisie in ­Okuryangava slaags geraak het...

Staatsbegrafnis vir Nambundunga

17 ure gelede | Mense

Die voormalige hoof van die weermag, genl.maj. (afgetree) Peter Nambundunga, sal Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis op Omugulugombashe in die Omusatistreek ter ruste gelê word.Pres. Hage...

Ronaldo up on tax fraud charges

17 ure gelede | Misdaad

Cristiano Ronaldo has arrived in court and is expected to plead guilty to tax fraud. The Juventus forward, who is facing charges stemming from...