Wêreld se oudste tekening in SA gevind
Die wêreld se oudste tekening, wat deur ’n mens op ’n stukkie gladgemaakte rots gemaak is, is in ’n grot in Suid-Afrika gevind. Dié tekening is 73 000 jaar oud – ’n volle 30 000 jaar ouer as vorige ontdekkings van kunswerke wat deur mense in grotte in onder meer Frankryk en Spanje gemaak is. Dit is ook ouer as ander sketse uit Afrika en Asië. Die aankondiging is Woensdag deur prof. Christopher Henshilwood, navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in die vaktydskrif Nature gemaak. Die skets bestaan uit drie skuins lyne wat weer deur ses ander afsonderlike lyne gekruis word. Dit lyk byna soos ’n moderne hutsmerk. Dit is met ’n okerkryt gemaak op gladgemaakte silkreet en is doelbewus deur ’n moderne mens geskep. Dit is ontdek deur dr. Luca Pollarolo toe hy deur materiaal van die Blombosgrot in die Suid-Kaap gesif het. Die foto is ’n panorama van die Blombosgrot waar die ontdekking gemaak is. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie