Wu00eareld rou oor Theo-Ben
Wu00eareld rou oor Theo-Ben

Wêreld rou oor Theo-Ben

Boodskappe stroom van oral in oor die heengaan van 'n politieke reus.
Augetto Graig
Augetto Graig - “Met diepe hartseer kondig ek aan dat ek my vriend, kameraad, topdiplomaat en reus van die Namibiese bevrydingstryd, dr. Theo-Ben Gurirab, verloor het.”

So lui die boodskap van president Hage Geingob aan sy Twitter-volgelinge.

Op dieselfde sosialemediaplatform het lede van die internasionale diplomatieke gemeenskap ook hierdie sentiment gedeel. Baie het die boodskap van me. Gabriela Cuevas Barron, president van die Inter-parlementêre Unie (IPU), hertwiet: “Namens al die parlementslede van die wêreld verklaar ons ons medelye oor die afsterwe van dr. Theo-Ben Gurirab, voormalige president van die Interparlementêre Unie en parlementslid van Namibië, argitek van Namibiese onafhanklikheid en manjifieke Afrika-bevrydingsleier.”

Die veteraanpolitikus, grondwetskrywer en voormalige speaker van die parlement het Saterdag omstreeks 12:00 in die Mediclinic private hospitaal in Windhoek gesterf nadat hy drie dae tevore daar opgeneem was. Hy was 80 jaar oud.

Na verneem word, het oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba Vrydag saam met ander Swapo-politici, vriende en familie by hom besoek afgelê.

Die presidentskantoor se amptelike mediaverklaring lui: “Sonder die land se eerste minister van buitelandse sake en een van die leidende argitekte van Namibië se diplomasie sluit 'n ryk hoofstuk af.” Geingog het voorts gesê die uitmuntende werk wat Gurirab vir bevryding, Swapo en die Namibiese volk gedoen het, sal vir altyd gekoester word.

Die staatshoof het Saterdag sy vriend se familie besoek en vertroos.

Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, is veral geraak deur die dood van haar mentor. “Ek verwerk nog die verlies,” het sy gister aan Republikein gesê.

Nandi-Ndaitwah ken Gurirab sedert 1974 toe sy hom in New York ontmoet het by die Vernigde Nasies (VN) se Algemene Vergardering.

“Hy het my geïnspireer met hoe hy die VN-stelsel hanteer het in die aanloop tot Namibië se onafhanklikheid. Hy was baie gefokus en het onder die VN se mense respek verdien. Sedert daardie eerste ontmoeting het hy my nog altyd geïnspireer,” vertel sy.

Volgens haar is Gurirab se nalatenskap by die destydse ministerie van buitelandse sake steeds een van leiding en dit is ook waarom 'n reeks openbare gesprekke in sy naam verlede jaar van stapel gestuur is.

LAASTE GESPREK

Haar laaste gesprek met Gurirab was net voor haar onlangse reis na die Afrika-unie se byeenkoms in Mauritanië toe hulle saam grappies gemaak het oor 'n boek oor sy lewe.

“Nou moet ons die werklikheid van sy sterfte aanvaar, maar ons moet nog altyd dink: Wat sou hy van ons verwag het? Hy sou wou hê Namibië moet aanhou glinster op die wêreldverhoog,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Gurirab was ná onafhanklikwording Namibië se eerste minister van buitelandse sake en is later as eerste minister aangestel. Hy is op 14 September 1999 tot president van die Algemene Vergadering van die VN verkies, 'n amp wat hy tot September 2000 beklee het.

Voor onafhanklikheid was Gurirab die Swapo-party se sekretaris van buitelandse sake vanaf 1986 tot 1990. Hy het ook vir 14 jaar as Swapo se hoofverteenwoordiger by die VN gedien.

Die gesoute diplomaat het die titel Dekaan van Afrika-ministers van buitelandse sake gehad. Vir meer as 35 jaar op die gebied van internasionale diplomasie het hy saam met drie geslagte wêreldleiers en vyf sekretaris-generaals van die VN gewerk.

Onder sy groot prestasies as minister van buitelandse sake is die drie jaar se onderhandelinge wat Gurirab gelei het en in 1994 tot Walvisbaai se herintegrasie by Namibië gelei het.

Hy word oorleef deur sy vrou, me. Joan Guriras, en twee seuns.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!