Wêreld gaan Kofi mis

Vlae by die hoofkantoor van die Verenigde Nasies in New York en elders gaan vir drie dae halfstok hang ná die dood van mnr. Kofi Annan.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom op ’n buitengewone manier gedien.

Kort nadat Annan Saterdag op 80-jarige ouderdom ná ’n kort siekbed dood is, het die Namibiese staatshoof gesê hy betreur Annan se dood.

Pres. Geingob, wat sedert Vrydag ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is, sê: “Die verlies van Kofi Annan, ’n voorbeeldige seun van Ghana, laat ’n reuseleemte vir die Afrika-vasteland, en die mensdom in geheel.”

Sy dapper medemenslikheid is vergesel met onmeetbare passie en uitsondering, sê Geingob. “Afrika het sonder twyfel ’n man met inbors en ’n held van ons vasteland verloor wat sy hele lewe daaraan gewy het om die wêreld ’n beter plek te maak,” het hy bygevoeg.

Geingob het Annan veral geloof vir sy uitsonderlike bydrae om wêreldvrede te bevorder. “My vriend Kofi het vir ’n beter wêreld gewerk, en het in baie opsigte daarin geslaag,” het hy gesê.

Mnr. McHenry Venaani, die president van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het ook die naweek aan Annan hulde gebring.

Hy sê: “Mnr. Annan, ’n Afrikaan in elke sin van die woord, sal onthou word dat hy lewe geblaas het in die VN en menseregte die kern van sy sending gemaak het. Hy het die leisels van die VN oorgeneem tydens van die moeilikste tye in menseheugenis, maar het daarin geslaag ’n om ’n wêreldreputasie te skep as ’n kampvegter vir ’n regverdiger en meer vreedsame wêreld.”

Venaani sê Annan het ’n simbool van Afrika versinnebeeld wat uitgestyg het in die globale gemeenskap.

Annan het deurgaans, te midde van baie moeilike tye, die voortou geneem om te wys waartoe swart Afrikane in staat is om ’n verskil te maak, sê Venaani. “Hy sal onthou word as die argitek en vroedvrou van die wêreld se ontwikkelingsdoelwitte, naamlik die millenniumontwikkelingsdoelwitte,” het die opposisieleier gesê.

Venaani sê hy was veral beïndruk oor hoe Annan enersyds homself kon kritiseer maar ook hoe hy standpunt ingeneem het teen die wêreld se grootste moondhede, soos die Verenigde State van Amerika (VSA).

Annan was aan spits van die VN tussen 1997 tot 2006.

Hy en dié liggaam het ook tydens 2001 die Nobelprys vir vrede gedeel.

Die Namibiese diplomaat amb. Tuliameni Kalomoh het twee keer direk onder Annan gewerk – tydens 1997 as spesiale verteenwoordiger in Liberië en tussen 2002 tot 2005 as assistent-sekretaris-generaal gelas met politieke aangeleenthede in New York.

Kalomoh het gistermiddag aan Republikein gesê Annan was ’n ware heer.

Wat vir hom uitstaan, is Annan se geloof daarin dat ontwikkeling sonder vrede onmoontlik is en dat daar sonder ontwikkeling geen welvaart en vooruitgang kan wees nie, sê Kalomoh.

Op die Facebook-blad van die VN sê die huidige sekretaris-generaal, mnr. António Guterres, vlae in New York en by VN-kantore oral gaan vir drie dae halfstok hang.

Gutteres sê die wêreld onthou die “trotse seun van Afrika, wat ’n wêreldkampioen vir vrede en medemenslikheid geword het”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!