Wouter gaan Japan toe
Wouter Taljaard is die wenner van Namibia Media Holdings se reis ter waarde van N$100 000 na die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan. Hy gaan sy swaer saamneem. Die ander finaliste tydens Saterdag se trekking by die Hage Geingob-stadion was Elke Schmidt Dumont en Eugene Brown. NMH bedank elkeen wat aan die kompetisie deelgeneem het. Kyk na die trekking by die skakel https://q.my.na/XggO
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie