Woord van die week
rakker s.nw., rakkers; rakkertjie.
1 Iemand, veral kind of jong persoon, wat besonder lewenslustig, ondeund of stout is en, dikwels onwetend, probleme, kommer of ergernis veroorsaak: Almal het gely onder die twee rakkers se streke.
2 Uitgeslape kwaaddoener of ondeunde persoon: Noudat die polisie nie opgedaag het nie kon ons nie die rakkers gaan vastrap nie (B.Conradie: De Kuilen, 1945, 186).
3 Iets wat 'n toonbeeld van parmantige doeltreffendheid is: Citi Golf-liefhebbers weet dat die oorspronklike Sport 'n wakker rakker was (Die Burger, 22 Sept. 1988, bylae, 1).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (www.wat.co.za).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie