Wonderlus: Die Afrikaanse fliek wat jy weer en weer wil kyk
Mila Guy en Edwin van der Walt speel die bruid en bruidegom in die onthutsende nuwe Afrikaanse rolprent Wonderlus met regisseur Johan Cronjé.
Michelle Nortje
Die fliek speel af tydens ’n plattelandse bruilof, maar dis nie ’n gewone gelukkige einde-troue nie. ’n Groep vriende wat vir ’n naweektroue bymekaarkom, bevind hulle in ’n moeilike situasie toe dinge ontspoor.
Almal, van die bruidegom (Van der Walt) tot ’n geheimsinnige kelnerin (Lea Vivier), moet die volgende oggend die vorige aand se gebeure probeer ontsyfer. Die liefde, en hoe die jong mense sin daarvan probeer maak, word in dié fliek op sy kop gekeer.
Wil die bruid (Guy) én bruidegom met die huwelik voortgaan?
Dit is maar een van die vrae wat gestel en eindelik beantwoord moet word.
Is dit goed?
Regisseur Johan Cronjé het ’n wenner beet en die akteurs vertolk hul onderskeie rolle uitstekend.
Hou Lea Vivier (nou te sien in die kykNET-sitkom Mense Mense) as die kelnerin gerus dop in ’n rol wat die kyker heeltyd oor haar persoonlikheid laat wonder.
’n Paar behoudende kykers sal waarskynlik oë rek oor die intrige en veral ’n gewaagde sekstoneel.
Elke toneel is uitstekend geskiet en die dialoog verras.
Naas Paljas is Wonderlus sonder twyfel een van die beste Afrikaanse flieks wat ek al gesien het.
’n Mens sal dit weer en weer wil kyk. – Netwerk24
*Wonderlus begin binnekort by plaaslike flieks draai. Hou Kollig vir datums en tye dop.
Caption: Van links is Adam Heyns, Simoné Nortmann, Stiaan Smith, Beer Adriaanse en Lynelle Kenned.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie