Wonde van die verlede
Wonde van die verlede

Wonde van die verlede

Dani Booysen
Die oprakeling van die 1989-sluipmoord op wyle adv. Anton Lubowski is vir sommige dalk ongelukkig en ongemaklik, maar ook tekenend van die feit dat onbeantwoorde vrae pynlike verledes onvermydelik aanhoudend na die oppervlak sal dwing.

Daar is talle sulke voorbeelde uit die land se meer onlangse verlede. Die Gate van Lubango is 'n ander.

Lubowski was 'n Namibiër wat deur sy waardes en lewe help vorm gee het aan die republiek waarin ons vandag woon. Een van baie wat die hoogste prys betaal het.

Vandag nog word die skok onthou van die nuus van 12 September byna 30 jaar gelede en die gevolglike onsekerheid oor die destydse vredesproses.

Tot ander weergawes onweerlegbaar bewys word, sal die uitslae van amptelike ondersoeke na die sluipmoord as die beskikbare feite in die annale van die geskiedenis opgeteken staan.

Uit 'n menslike oogpunt is die frustrasie en woede in me. Gabrielle Lubowski se voortgesette soektog na antwoorde verstaanbaar. Ons weet nie wat die trant en inhoud van jare lange kommunikasie met dr. Hage Geingob was in 'n poging om hom persoonlik te woord te staan nie.

Tog het baie burgers 'n beeld van Geingob as 'n hartlike leier wie se deur nog altyd vir almal oopgestaan het. Die bewering dat hy amper drie dekades nie bereid was om me. Lubowski agter geslote deure te ontmoet nie, doen afbreuk aan hierdie beeld.

Ongeag die emosionele beweringe deur Lubowski se weduwee, moet 'n mens wonder of 'n openbare teenaanval by monde van 'n prokureur strategies en polities die beste reaksie is.



So sê ander

23 Junie 2019



Heightened US tensions with Iran



Donald Trump was repeatedly warned that his aggressive policy of escalating military and economic “maximum pressure” on Iran risked triggering war by accident.

Last week, the long-predicted miscalculations duly occurred and, for a few scary hours, the world tottered on the brink. Both sides in the Gulf made mistakes, although US commanders appear more at fault.

This degree of confusion and incompetence in US military operations should not come as a total surprise. In Afghanistan and Iraq, systemic blunders, notably by the US airforce, have cost thousands of civilian lives, as UN figures show. The US record in the Gulf is little better.

What is more surprising, even shocking, is how chaotic was last week's Oval Office decision-making process.

The latest episode of Trump buffoonery was a desperately unfunny near-miss for the Middle East and global stability. It underscores the urgent need for a return to honest diplomacy, and the reaffirmation of the 2015 nuclear deal with Iran. It is a wake-up call for Congress, which must accelerate current efforts to curb presidential war-making powers. And it shines new light on Trump's unique unfitness for office.

Trump says he doesn't want a war. The way he is behaving, war may become unavoidable.

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!