Woensdae is vir Ahrens
Woensdae is vir Ahrens

Woensdae is vir Ahrens

Lloyd Zandberg
Hy staan in ‘n donkerige vertrek. Daar’s nog onbekende siele rondom hom.

Oudergewoonte is Vaughn Ahrens tussen instrumente. Of enig iets wat klank maak. Om sy skouers hang ‘n kitaar wat ‘n skerp lig in my linkeroog weerkaats.

Sy hare is ietwat langer as ‘n jaar gelede toe ons laas gesels het en op sy mond sit ‘n breë glimlag.

Hy stel my aan Emma, Lauren, Micky en Sophie voor. Sy kitare. Sy alles. Dis min of meer 340 dae sedert Vaughn met Kollig gesels het. Ons het weer ingeloer om te hoor hoe dit met hom gaan.

“Dit gaan goed. Dis silly season, jy weet hoe dit gaan. Dinge is geneig om ietwat handuit te ruk,” antwoord hy.

‘n Mens kan sien hy praat die waarheid.

“My verstandelike gesondheid is op ‘n goeie plek. Dit maak die meeste vir my saak.”

Intussen het sy lewe baie verander. Hy het onder andere ‘n vollengte album opgeneem en ‘n verskyning op die NAMA-verhoog gemaak. Dis veilig om te sê 2018 was ‘n jaar van groot opwinding.

Sy optrede by die NAMAs is werklik ‘n hoogtepunt in sy loopbaan tot dusvêr.

“Ek het nog nooit op ‘n verhoog van daardie gehalte opgetree nie. Ek voel baie nederig oor die geleentheid. Daar was baie uitdagings en ek het nuwe dinge ervaar. Ek het ongeveer 65 optredes hierdie jaar gehad. Ek het soveel meer selfvertroue as ‘n musikant, in vergelyking met 'n jaar gelede.”

Moegheid is relatief, maar in enige man se taal gaan dit ‘n mens se energievlakke aantas as jy gereeld moet optree. Jy liggaam gaan een of ander tyd met jou begin praat.

“Die Vaughn nou en die Vaughn van ‘n jaar gelede verskil baie. Hoofsaklik as dit by my slaappatroon kom. Ek is sleep deprived. Jy moet opstaan of huis toe gaan.“

Vroeër vanjaar het hy die besluit geneem om sy tasse te pak en na die hoofstad te trek.

“Ek werk twee keer so hard sedert ek in Windhoek woon, maar ek moet, ek wil seker wees dit was die regte besluit.”

Klaarblyklik verloop alles volgens plan.

“Ek was nog nie vir ‘n oomblik spyt oor my besluit nie. Ek is lief vir Namibië, die talent loer om elke hoek en draai. Boonop is dit een van die mees omgewingsvriendelike plekke op die planeet. Jy kan maklik verlore raak in die land, want jy wil juis nie gevind word nie.”

Baie mense weet nie dat Vaughn ‘n voormalige gimnas is nie. Hoewel hy musiek as sy eerste liefde beskou, is hy steeds betrokke in die gimnastiekgemeenskap.

“Ek oefen self nie meer nie, maar ek rig wel ‘n klompie kinders af. Ek geniet dit baie.”

Musiek het egter sy lewe oorgeneem.

“Daar is niks anders wat my so laat voel nie. En dis genoeg vir my om dit vir altyd te doen.”

Met die jaar wat op sy nippetjie is, kan ‘n mens nie help om te wonder wat hierdie jong, talentvolle musikant vir 2019 beplan nie. Vir Kerfees is Vaughn by die huis in Walvisbaai, waar hy met sy ouers en sy ouma en oupa die feesseisoen gaan vier.

Vroeg in 2019 skop sy voornemenslysie reeds af.

“Ek wil meer in die buiteland optree,” hy kyk af, “en dalk ‘n beter poging aanwend om my begroting te laat klop,” sê hy met ‘n effense frons.

DROME VAN WOENSDAE

Ahrens se debuutalbum, Songs for Wednesdays, word vandag in die hoofstad bekendgestel. Die geleentheid vind by Take Note Music om 20:00 plaas. Kaartjies is by Computicket teen N$100 beskikbaar. Vandat hy verstand gekry het, droom hy al oor hierdie oomblik..

“Ek is stoked oor vanaand. Die publiek gaan my eerste optrede met ‘n regstreekse musiekgroep kan beleef. Ons gaan al die liedjies op die album opvoer en die gehoor kan ook uitsien na ‘n verrassing of twee. Ek is opgewonde om meer vryheid op die verhoog te hê en nie deur my loop pedal beperk te word nie.”

Dit verg onstettende harde werk en toewyding om ‘n album uit te reik, en Vaughn sê die proses was lank, maar lekker. Hy het drie maande aan die liedjies geskryf.

“Die opname was nog drie maande. Ek het 30 demos opgeneem, en later op 10 besluit. Ek moes seker maak die musiek op die album is was wat ek wou hê moet in die publiek gehoor word. Dit moes my menswees verteenwoordig.“

Sy musiek word deur sy emosies beïnvloed, maar veral die emosies wat deur ‘n sekere skuif in sy lewe aangewakker is. Songs for Wednesdays handel hoofsaklik oor sy trek na die hoofstad. Die album is in Windhoek, by Groove Studios, opgeneem. Wouter de Bruyn is die man wat die klankopname behartig het.

“Dit was net nadat ek my EP voltooi het en reg was om na Windhoek te verhuis. Ek het baie in myself en in my keuses getwyfel. Ek en Wouter het op my EP saamgewerk, en ons het ‘n lekker werksetiek ontwikkel. Hy verstaan my kreatiewe denke.”

Op die snit Don’t Wake The Neighbours skuif Vaughn agter die klavier in en sê hy is gaande om dié liedjie regstreeks op te voer.

Vaughn se pa het ‘n groot rol in sy musikale opvoeding gespeel en het selfs die titel van die album geïnspireer.

“Tydens my jare as kind en tiener, het my pa altyd gesê: ‘Ons sal dit Woensdag doen’, of ‘Moenie worrie nie, dit sal Woensdag klaar wees.’ Of wanneer my ma vra: ‘Richard, wanneer sal dit of daai klaar wees?’ het hy altyd gesê: ‘Teen Woensdag.’ As jy my pa moes vra hoekom hy altyd Woensdag gesê het, het hy sarkasties geantwoord: ‘Ek het nie gesê watter Woensdag nie.’

As jy hom vra om sy musiek te beskryf, dink hy effens en antwoord dan eenvoudig: “Wel, dis alternatief. Dis ‘n mengelmoes van verskeie genres. Koop jý die album, luister dit en besluit dan self.”

En dis presies wat ek gaan doen.

Songs for Wednesdays is op meeste aanlyn-platforms en by die bekendstellings beskikbaar.

Vaughn Ahrens tree op 14 Desember by Rojo Bar & Bistro in Walvisbaai op, en is op 21 Desember by Desert Tavern in Swakopmund te sien.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!