Woede nadat Amerikaner leeu by Krugerwildtuin skiet
Woede nadat Amerikaner leeu by Krugerwildtuin skiet

Woede nadat Amerikaner leeu by Krugerwildtuin skiet

Volgens Pickover het verskeie mense verneem die leeumannetjie is met die vleis van ’n olifant, wat vroeër in die omgewing gejag is, uit die wildtuin gelok.
Elise Tempelhoff

Omgewingsbewustes is woedend nadat ’n leeumannetjie Vrydag in Umbabat, een van die Krugerwildtuin se aangrensende natuurreservate, deur vermoedelik ’n Amerikaanse jagter doodgeskiet is.

Hy het glo R1,2 miljoen vir die jagtog betaal.

Michele Pickover van die bewaringsorganisasie EMS het Maandag gesê EMS en Ban Animal Trading gaan “alles in hul vermoë” doen om te sorg dat die trofee van die leeu nie na Amerika uitgevoer word nie.

Pickover het gesê dit is ’n skande dat die leeu, wat van die Krugerwildtuin kom, in Umbabat doodgeskiet is.

Lenny Wilson, voorsitter van Umbabat, het in ’n WhatsApp gesê hy sou gister ’n verklaring uitreik.

Hy het nie gereageer op bewerings dat die leeu vermoedelik met aas uit die Krugerwildtuin gelok is nie. Volgens Pickover het verskeie mense verneem die leeumannetjie is met die vleis van ’n olifant, wat vroeër in die omgewing gejag is, uit die wildtuin gelok.

Conservation Action Trust (Cat) het gesê die leeu is vermoedelik die leier van ’n trop wat bekend staan as die westelike trop. Hy is ’n geliefde leeu onder toeriste en hulle het hom Skye gedoop.

Umbabat is deel van ’n groep natuurreservate aan die westelike grens van die Krugerwildtuin. Heinings tussen dié reservate en die Krugerwildtuin is in 1996 verwyder. Die reservate staan bekend as die Associated Private Nature Reserves (APNR).

Riaan de Jager van Mpumalanga se toerisme- en parkagentskap (MTPA) wat die jagpermit uitgereik het, het die jag bevestig en gesê hy sou gister kommentaar lewer.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het gesê SANParke wil graag die permit sien. “Ons wil weet wat die ouderdom van die leeu is waarvoor die permit uitgereik is en waarom die permit uitgereik is.”

Hy het gesê deurdat die heining tussen die private reservate en die wildtuin verwyder is, is “bestaan daar ’n bepaalde protokol” tussen die wildtuin en die APNR. Die gebied staan bekend as die Groter Krugerwildtuin.

Volgens hom probeer die wildtuin se bestuur om gereelde vergaderings met die APNR hou, maar “dié mense werk nie altyd saam nie”.

Phaahla het gesê “baie mense, toeriste en eienaars van ander reservate wat aan die wildtuin grens, is ongelukkig oor die leeujag. Daarom moet dit ondersoek word. Suid-Afrika soek antwoorde.”

Kevin Alborough, voorsitter van die Ingwelala-blok, ook ’n reservaat wat aan die wildtuin grens, het sy lede vooraf in ’n brief gewaarsku hy verneem ’n leeu gaan by Umbabat gejag word. Ingwelala is nie ten gunste daarvan nie, maar die MTPA het die permit goedgekeur.

Volgens Alborough het hy vooraf met die hoofveldwagter van Umbabat gepraat en hom gevra om toe te sien dat Skye, die dominante mannetjie, nie gejag word nie.

Pickover het gesê die NRO’s probeer toegang tot die leeukarkas kry sodat dit geëien kan word.

“As dit Skye blyk te wees, sal ons beslis regstappe doen,” het Pickover gesê.

*Umbabat het aansoek gedoen om vanjaar 4 olifantbulle (1 van ouer as 50 jaar, 2 van tussen 30 en 40 jaar en 1 van tussen 20 en 30 jaar te jag). Die reservaat wil ook tien buffels jag, 1 koedoebul, 1 leeu (vermoedelik reeds gejag) en 3 hiënas. Umbabat het ook aansoek gedoen om 336 rooibokke te jag.

Dit is nie in hierdie stadium bekend of al die jagpermitte al toegestaan is nie. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%