WNNR kap terug oor Eskom-syfers
WNNR kap terug oor Eskom-syfers

WNNR kap terug oor Eskom-syfers

Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsings­raad (WNNR) sê die werklike waarde van die regering se eerste drie rondes van groen­kragaankope lê in die kosteverlagings wat vir wind- en sonkrag behaal is.
Estelle de Bruyn
Francois Williams



Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavor­singsraad (WNNR) het volgens Engineering News gereageer op Eskom se bewerings Woensdag dat die bydraes van hernubare energie tot die nasionale kragnetwerk die ekonomie in 2016 sowat N$9 miljard gekos het.

Die WNNR verduidelik in reaksie daarop dat sy metodologie waarop die berekeninge gegrond is, is ontwikkel vir 'n kragstelsel wat onder druk is en waar die gebruik van dieselkragopwekkers hoog is. Dit meet slegs die onmiddellike brandstofbesparingseffek op die bestaande vloot van kragstasies en onderskat die waarde van nuwe beleggings.

“Wanneer die kragstelsel onder minder druk is en dieselkragopwekkers nie die meeste van die tyd in bedryf is nie, onderskat die metodologie die dieselbesparings. Dit behoort aangepas te word om die korrekte­ brandstofbesparingswaarde weer te gee,” het die WNNR aan ­Engineering News gesê.

Eskom het in sy verklaring gesê hernubare energie moet uitgebrei word “teen 'n tempo en skaal wat die land kan bekostig” - dieselfde woorde wat die regering, by monde van pres. Jacob Zuma en Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, oor kernkrag gebruik.

Dit vorm deel van 'n bykans propagandistiese stryd die afgelope maande waarin Eskom weier om nuwe kragkoopkontrakte met onafhanklike kragprodusente (IPP's) van hernubare energie wil sluit. IPP's wat in ronde 4 van die departement van energie se groenkrag-aankoopprogram goedgekeur is, het nou nog nie 20-jaar-kragkoopkontrakte met Eskom gesluit nie, en daarsonder kan hulle nie die finansiering beklink wat nodig is om hul aanlegte te bou nie.

Die regering wil enersyds hernubare energie bevorder om sy kweekhuisgasteikens te haal en het al herhaaldelik sy verbintenis tot sy groenkragprogram bevestig. Die program is al internasionaal geloof as van die beste van sy soort danksy die deursigtige en doeltreffende manier waarop dit bestuur is, en die mededingende bodproses het gehelp om sonkragkoste van N$3,56 per kWh in die eerste bodronde tot 62c per kWh in die vierde ronde te laat daal. Windkrag het van N$1,51 per kWh in die eerste ronde tot 62c per kWh in die vierde ronde gedaal.

Eskom kritiseer andersyds die bydrae van groenkrag wat hy gedwing word om aan te koop omdat die elektrisiteit volgens hom op die verkeerde tye van die dag gelewer word wanneer kragvraag nie hoog is nie.

Die WNNR wys daarop dat toe Eskom die berekenings vir 2016 se ekonomiese bydrae van groenkrag gedoen het, was nog net die eerste twee rondes se groenkragprojekte in bedryf, wat teen die aanvanklike hoë tariewe gekontrakteer is. Die latere rondes se projekte, met laer tariewe, moet nog in bedryf kom.

“Suid-Afrika het dié duur projekte effektiewelik teen 'n afslag gekry vir die eerste drie jaar toe die kragnetwerk onder druk was. Die afslag spruit uit beurtkrag wat vermy is en dieselbesparings,” sê die WNNR.

Die verlaging in groenkragkoste sou egter nie moontlik gewees het sonder die mededingende bodproses van die groenkragprogram nie.

“Hoewel die groenkragprojekte in 2016 sowat N$12 miljard se tariefbetalings gekos het en sowat 6 terawatt-uur gelewer het, sal die volledige vierde bodronde se son- en windkragaanlegte net N$6,6 miljard per jaar kos maar meer as 9 terawatt-uur per jaar lewer.” Dit beteken dit sal Eskom 45% minder kos om dié groenkrag aan te koop, maar dit sal 50% meer elektrisiteit lewer as die bestaande son- en windkragaanlegte. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!