Witsjokolade­-fluweeltert

09 March 2018 | Kuns en vermaak
Maklik en dekadent - wat meer wil jy hê vir pure bederf?

Genoeg vir agt tot tien mense. Dit is baie ryk, so bedien dun snytjies.

Jy benodig:

- 1 pakkie Oreo-koekies, fyngedruk of -gemaal in jou voedselverwerker

- sowat 5 e gesmelte botter

- 1½ k witsjokoladesplinters

- 225 g roomkaas by kamertemperatuur

- 1 t vanieljegeursel

- 1 k room

Só maak ’n mens:

1. Om die kors te berei, meng die koekies en die botter en druk dit in ’n tertbord vas. Plaas in die yskas vir sowat 30 minute terwyl jy die vulsel berei.

2. Smelt die sjokolade en die koppie room saam in ’n groot mikrogolfbestande bak. Roer gereeld en moenie dat dit té warm word nie. Sodra dit glad en heeltemal gesmelt is, laat dit effens afkoel.

3. Voeg die roomkaas en vanielje by die sjokolademengsel en klits met ’n elektriese klitser op matige spoed vir een tot twee minute of tot donsig en goed gemeng.

4. Klits die koppie room tot dit stywe punte vorm. Vou die room by die roomkaasmengsel tot goed gemeng.

5. Skep die vulsel in die bereide tertkors en verkoel minstens 4 uur of tot gestol. Sit voor saam met vars vrugte. –Netwerk24

Soortgelyk

 

ACC soek vir Rooies

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Maandagmiddag ’n verklaring uitgereik waarin hy die publiek vra om te help om die oudlanddros, mnr. Rooies Mostert,...

Ma, seun van Reho in hof ná tref-en-trap

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 45-jarige ma van Rehoboth verskyn na verwagting vandag saam met haar tienerseun in die landdroshof op dié dorp.Dít kom nadat die...

Hondelewe vir stropers

22 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg op Waterberg - Pas ná die ministerie van die omgewing en toerisme met die opleiding van hul honde-eenheid teen stropery begin het, het...

NBC verdrink in skuld

22 ure gelede | Tegnologie

Augetto GraigDie voortslepende arbeidsgeskil by die nasionale uitsaaier (NBC) besorg mnr. Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie, hoofbrekens, het hy gesê. “Die NBC verdrink...

PDM beraadslag oor grond

22 ure gelede | Politiek

Augetto Graig - Die nasionale uitvoerende komitee van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), het Vrydagaand in voorbereiding op die komende nasionale grondkonferensie...

Weer vir 14 September 2018

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig met miskolle in die oggend op plekke. GETYE BY...

Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Noodvoedselbank is in die Erongostreek geskep as ‘n tydelike oplossing vir die voedseltekorte wat tans in alle staatshospitale in die streek...

Hoop vir die wilde perde

22 ure gelede | Omgewing

Die wilde perde by Garub in die Suide is ’n vulletjie ryker. Volgens ’n verklaring van die Namibië Wildeperdestigting is die vulletjie se trotse ouers...

Namibiërs trotseer Bolivia se pieke

22 ure gelede | Mense

Elvira Hattingh - Twee kleinneefs, mnre. Gerhard Jacobs en Harmen Potgieter, het onlangs uit Bolivia teruggekeer nadat hulle van die eerste Namibiërs geword het om...