Withuis staal homself

Die spook van die naweek se geweldpleging in die Amerikaanse deelstaat Virginia wil net nie tot ruste kom nie en pres. Donald Trump het opnuut omstrede uitlatings gemaak.
NAMPA
Pres. Donald Trump het sonder twyfel ‘n deel van sy politieke basis Dinsdag gelukkig gemaak toe hy op ‘n nuuskonferensie by Trump Tower gesê het regse én linkse betogers was vir die geweldpleging Saterdag in Charlottesville, Virginia, verantwoordelik.

Sy opmerkings het egter baie Republikeine teleurgestel. Gevolglik maak die Withuis gereed vir die gevolge.

Trump se opmerkings het met tye aan die surrealistiese gegrens.

Hy het ook die nuusmedia aangeval oor die beriggewing oor sy reaksie op die geweldpleging.

Withuis-amptenare sê net die tyd sal leer hoe lank die kwessie in die hoofopskrifte sal bly en of dit op lang termyn Trump en Republikeinse wetgewers sal inhaal.

Trump het by herhaling gesê albei kante moet die skuld kry vir die geweld.

Hy het sy vroeëre standpunt beaam dat die linkse en regse groepe gewelddadig geraak het.

Trump het joernaliste se vrae in die portaal van die Trump Tower in New York beantwoord, en telkemale terugverwys na sy aanvanklike kommentaar Saterdag toe hy gesê het “baie kante” moet die skuld kry vir die geweld. Hy het egter Maandag die neo-Nazi-groepe wat betrokke was, uitdruklik veroordeel.

Hy het gesê linksgesinde betogers “het die ander groep gewelddadig aangeval”.

"’n Mens het ‘n groep aan die een kant wat sleg was,” het Trump gesê. “En ‘n mens het ‘n groep aan die ander kant gehad wat ook baie gewelddadig was. Niemand wil dit sê nie, maar ek sê dit nou.” - Nampa/Reuters/Netwerk/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!