Wit strik wil stilswye verbreek
Wit strik wil stilswye verbreek

Wit strik wil stilswye verbreek

Die Witstrikveldtog fokus op gesonde en liefdevolle verhoudings en positiewe rolmodelle vir ouers.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Deur stil te bly oor geweld teen vroue en meisies, word dié stilte 'n vorm van stilswyende toestemming.

Die Namibiese afdeling van die Witstrikveldtog wil nou dié stilte verbreek en mans en seuns in die land aanmoedig om die siklus van geslagsgeweld in die land te breek.

Die Witstrikveldtog (WRCN) is 'n geregistreerde niewinsgewende liefdadigheidsorganisasie wat ten doel het om bewusmaking te skep vir gesonde verhoudings wat bydra tot 'n omgewing sonder geweld.

Volgens 'n verklaring wat deur die veldtog se plaaslike tak uitgereik is, spruit geweld uit maatskaplike ongelyk­heid tussen mans en vroue.

“Die geweld gaan nie eindig tot vroue volle gelykheid op die gebiede van die wet, in werksplekke en in gesinne ervaar nie,” lui die verklaring.

Dit verwys voorts na geweld wat dikwels voortspruit uit die manier waarop seuns grootgemaak word en die dikwels “onmoontlike verwagtinge” wat aan mans en seuns gestel word.

“Ons wil seuns grootmaak om goeie mans te wees wat nie geweld gebruik nie. Om dit te kan doen, moet 'n voorbeeld van sorgsame, niegewelddadige manlikheid tuis gestel word.”

Seuns moet ook aangemoedig word om hul gevoelens te kan wys sonder om weerloos te voel.

Die Witstrikveldtog is 'n internasionale veldtog wat sedert sy ontstaan na byna 80 lande versprei het.

In die meeste lande word dit deur organisasies, die gemeenskap en kerke in samewerking met vroue-organisasies gedryf.

“Die veldtog fokus op positiewe bood­skappe, dit gaan nie oor kollektiewe skuld nie. Dit gaan oor gesonde, liefde­volle verhoudings en positiewe rol­modelle vir ouers.”

Die Witstrikveldtog skop 25 November op die Wêrelddag vir die Beëindiging van Geweld teen Vroue af.

Die plaaslike organiseerders doen 'n beroep op “alle pa's en vaderfigure” om 30 minute op dié dag te gebruik om met hul seuns oor toestemming, grense en respek, asook die skade en gevolge van geweld teen vroue en jong meisies te praat. Die dra van 'n wit strikkie simboliseer ook die belofte om nie langer oor geslagsgeweld stil te bly nie en om nooit 'n hand teenoor 'n vrou te lig nie.

Dié veldtog loop saam met die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld, wat op Internasionale Menseregtedag (10 Desember) ten einde loop.

Die 16 dae van aktivisme is jaarliks 'n wêreldwye geleentheid wat 'n oproep vir kollektiewe optrede is om geweld teen vroue te beëindig.

Dit sluit, buiten Internasionale Mense­regtedag, ook Wêreldvigsdag op 1 Desember in.

Geweld teen vroue word met ­stygende MIV-infekterings en menseregte­skendings verbind.

Die plaaslike bewusmakingsveldtog sal aan mans en seuns dwarsoor die land die geleentheid bied om hul houding en optrede teenoor geslagsgeweld te ondersoek en hoe dit moontlik bydra tot 'n klimaat waarin geweld teen vroue as die norm aanvaar word.

“Die slagoffers is dogters, vriende, ma's en oumas. Goeie mans en pa's kan en gaan nie net op die kantlyn sit terwyl dié vir wie hulle lief is, seergemaak word nie.”

Deel van die veldtog sluit, buiten gesprekke, die uitdeel van wit strikkies en plakkers met die slagspreuk “dié hand sal jou nooit seermaak nie” by onder meer taxistaanplekke en winkels in.

'n Petisie sal ook opgestel word en finansiering sal gesoek word vir die veldtog se programme om geweld in skole en by werkplekke te voorkom.

Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan [email protected] of skakel 081 292 1195.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%