Wintertyd breek Sondag aan
Estelle de Bruyn - Die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Itana, het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê omdat die wetswysiging op Namibiese tyd (Wet 3 van 1994) nou in die hande van ‘n parlementêre portefeuljekomitee is, sal die tydsverandering van somer- na wintertyd soos in vorige jare Sondag in werking tree.
Sy het by wyse van ‘n ministeriële verklaring terugvoer oor ‘n ondersoek na die herroeping van die wet gegee waarvolgens winter- en somertyd ingestel is.
Iivula-Ithana se ministerie is in Oktober 2015 deur die kabinet opdrag gegee om openbare raadpleging oor die tyd te doen. Die ministerie het beraadslaag en die bevindinge is aan die kabinet voorgelê. “Die kabinet, en nie die ministerie nie, het besluit om net somertyd te behou en die wet op Namibiese tyd te skrap,” het sy gesê.
“Toe die wetsontwerp egter in die Nasionale Vergadering voorgelê is, het sommige lede gesê dit moet na ’n parlementêre portefeuljekomitee verwys word.
“Ek het destyds briewe aan al die goewerneurs en alle ministeries gestuur en terugvoer oor die tydsverandering gevra, maar net enkeles het gereageer. Ons het selfs ‘n e-posadres beskikbaar gemaak sodat lede van die publiek insette kan lewer.
“My doel was om dit goedgekeur te kry voor die eerste Sondag in April, maar met net enkele dae oor sal dit nie kan gebeur nie,” het sy gesê.
Die tydsverandering bly dus vanjaar van krag en Namibiërs sal op Sondag 2 April hul horlosies een uur moet terugstel. Dit sal onveranderd bly totdat die Namibiese parlement goedkeuring verleen dat teruggekeer word na een tyd, te wete somertyd, het sy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie