Winterbach se jongste toeganklik en resonant
Ek sit mooi regop en lees, want ek weet Ingrid Winterbach skryf nie Saterdagmiddag-witwynfiksie nie.
Dit klink interessant genoeg, reken ek: 'n Akademikus bereik 'n krisispunt ná 'n lewenslange stryd met depressie. Sy moet weer vastrapplek kry; nuwe medikasie, nuwe werk, nuwe pogings om verhoudings te bou. Die troebelheid in die hoofkarakter – Magrieta – se belewing van alles rondom en binne haar word vinnig deel van die leesbelewenis. Ek probeer uitpluis hoekom. Dalk die manier waarop die skrywer vir Magrieta dadelik aan die beweeg kry sonder om haar kans te gee om te protesteer, in 'n relaas van vinnig opeenvolgende gebeure, ontmoetings en 'n tuimelende aanbieding van studieveld-interessantheid?
Karakters en aanhalingstekens
Beskrywings van karakters soos aartsintrovert Markus Potsdam wat byna nooit oogkontak met enige iemand maak nie, laat die vervreemdingsgevoel ál sterker word.
Ek mis aanhalingstekens. Karakters praat met mekaar, maar die leser word vertel wát hulle sê, jy lees nie dialoog nie, jy neem waar. Ek wonder effens bekommerd of die hele boek so gaan wees (ek gaan dit nooit hou nie!) en blaai vinnig om te kyk. Aa, daar's hy – op bladsy 21. 'n Ou met dreadlocks nooi: “What is this, my sister, come join us.”
Van daar af haal ek 'n bietjie makliker asem. In hoofstuk ses kry Magrieta 'n jong, intelligente kantoorassistent: Isabel. Saam met Isabel sluip meer dialoog in. Ek juig stilletjies.
Op bladsy 35 loop ek my vas: “Ná ete sit hulle rustig saam in die leefarea en lees. Isabel lees American Gods. Sy't nie 'n baie ontwikkelde leessmaak nie, sê sy.”
Ek is verlore, dink ek. Wat op aarde gee my, wat American Gods op my All Time Favourites-lysie het, die vaagste idee dat ek kwalifiseer om hierdie boek te lees, newwermaaind te resenseer?
Jakob, Magrieta se skrywersvriend wat probeer om sy goed ontvangde debuutroman met iets ewe verdienstelik op te volg, lees 'n Argentynse novelle (wat vir my baie indrukwekkend klink.)
“Dis sy soort boek. Dit het hom 'n idee gegee vir die roman waarmee hy op die oomblik sukkel.” (bl. 35)
'n Leser met 'n onontwikkelde leessmaak (soos ek, nè) voel dikwels geïntimideerd deur die term literêre roman en bly eerder in die gemaksone van “my soort boek.”
Ek het niks gehad om te vrees nie: Die troebel tyd is toeganklik en resonant.
Magrieta loop onder andere 'n vrou raak wat 'n tent in 'n wingerd opgeslaan het om uit haar eie lewe te probeer ontsnap.
Sy het Apokalips-fatigue by haarself gediagnoseer. Eureka! Ek self kan absoluut identifiseer met daardie idee, hier in jolige 2018.
Onderbeklemtoonde humor
Die skrywer laat haar hoofkarakter beweeg tussen ander karakters wat aan verskillende grade van oorweldiging ly. Baie resonant, inderdaad.
Onderbeklemtoonde humor en empatie maak die leestrant ligter en die karakters nog meer toeganklik.
Literêre romans kan bevrydend wees soos geen ander leesstof nie.
Ek was vanoggend biblioteek toe. Ek het teruggekom met 'n arm vol van nie-my-soort-boeke-nie.
Ek moet hulle miskien net bietjie afwissel met ligte liefdesverhale, anders gaan ek dalk in die lydende vorm begin dink en praat.
• Clari Niemand is 'n vryskutresensent van Pretoria. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie