• Tuisblad
  • Sake
  • Winkels verloor R200 000 per uur oor beurtkrag
Winkels verloor R200 000 per uur oor beurtkrag
Winkels verloor R200 000 per uur oor beurtkrag

Winkels verloor R200 000 per uur oor beurtkrag

Die besighede sonder noodkragopwekkers help die laaste klante en sluit dan vir die dag, sê ’n bemarkingsbestuurder.
Ané van Zyl – Byna R200 000 per uur. Dit is die totale inkomste wat winkels in sommige winkelsentrums in Suid-Afrika per uur weens beurtkrag verloor.

Dit is die geval by die Mimosa-winkelsentrum in Bloemfontein, sê André Rossouw, bemarkingsbestuurder van dié sentrum.

“Die winkels sonder noodkragopwekkers help die laaste klante en sluit dan die winkels toe,” sê Rossouw.

In Kaapstad is ander groot winkelsentrums soos Canal Walk, Tygervallei en die V&A Waterfront ook deur beurtkrag geraak.

Laretha Blom, bemarkingshoof by die Tygervallei-winkelsentrum, sê hulle sien hoe klante by die hekke inry, sien die ligte is af, en dan net so omdraai en huis toe ry.

“Baie van die kleiner ondernemings in die sentrum doen spesiale moeite om oop te bly wanneer die krag af is,” sê Blom.

“Hulle gebruik battery ligte en maak hotspots met hul selfone sodat hul kaartmasjiene kan werk, maar ongelukkig knou beurtkrag hulle steeds.”

Blom sê Tygervallei kan ook, soos ander sentrums in die land, genoeg krag opwek om die ligte in die gange te laat brand en die roltrappe aan die gang te hou tydens beurtkrag.

Van die groot ondernemings in Canal Walk het hul eie kragopwekkers aangeskaf om nog sake te doen terwyl die krag af is, sê Vanessa Herbst, bemarkingsbestuurder van dié winkelsentrum.

“Ons ondersoek ander moontlikhede om te verseker dat kleiner ondernemings ook kan oop bly vir sake. Dit raak ons beslis.”

In die Mimosa-winkelsentrum bly die meeste koswinkels oop tydens beurtkrag, maar as klante huis toe wil gaan, word hulle na die parkeerterrein begelei.

“Ongelukkig is klante wat die sentrum vir mode- en ander soortgelyke winkels besoek, geneig om huis toe te gaan as die krag afgaan,” sê Rossouw.

Verkope in die V&A Waterfront verloop normaal tydens beurtkrag, sê Donald Kau, die sentrum se woordvoerder. “Ons het kragopwekkers wat die sentrale deel van die sentrum van krag voorsien, en die uitwerking van beurtkrag is minimaal,” sê hy.

“Daar is dalk dele van die sentrum wat nie krag het nie, maar dit is uitsonderings,” sê Kau. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!