Winkelinbraak: 227 selfone gesteel
Diewe het helder oordag by 'n kettingwinkel op Usakos ingebreek en met verskeie goedere laat spaander.
Altesaam 227 selfone en ander goedere is die naweek helder oordag tydens 'n inbraak by Pep Stores op Usakos gesteel.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is die selfone sowat N$74 843 werd. Ander goedere soos klere en tasse is ook gesteel, maar volgens Iikuyu is die winkelbestuurder nog besig om 'n voorraadopname te maak om te bepaal watter ander goedere gesteel is.
“Die voorval het helder oordag Saterdag of Sondag omstreeks 13:00 plaasgevind,” het Iikuyu in 'n misdaadverslag gesê.
“Die skelms het die hek se slot gebreek om by die erf in te kom. Daarna het hulle op die dak geklim en die sinkplate gesny om toegang tot die winkel te verkry.”
Daar was glo geen wagte of kringtelevisiekameras binne of buite die winkel nie.
Iikuyu sê die selfone wat gesteel is, sluit in handelsmerke soos Mobicel, STK, Hurricane Musso en Hisense U962.
Volgens hom probeer die polisie nog vasstel hoeveel verdagtes by die inbraak betrokke was.
Niemand is al in hegtenis geneem nie en geen goedere is teruggevind nie.
Die polisie doen 'n beroep op lede van die publiek om met inligting na vore te kom wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagtes.
– Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie