Wink WWE vir Bok-legende Beast?
Wink WWE vir Bok-legende Beast?

Wink WWE vir Bok-legende Beast?

'n Springbok kan dalk eersdaags in die rofstoeikryt klim.
'n Springbok kan dalk eersdaags in 'n Amerikaanse rofstoeikryt klim.

SuperSport berig Tendai “Beast” Mtawarira, 'n Wêreldbekerwenner saam met die Bokke in 2019 in Japan, het sy belangstelling in die WWE bevestig in 'n regstreekse Instagram-gesprek met die WWE-superster Kofi Kingston.

Kingston, wat in Ghana gebore is, was duidelik opgewonde om met 'n mede-Afrikaan te gesels.

Mtawarira het hom ná afloop van die Wêreldbekertoernooi by die Amerikaanse Major League-rugbyspan Old Glory DC aangesluit.

Hy het sy belangstelling in die WWE bespreek nadat Kingston gesê het sommige van sy mede-rofstoeiers het ook hul sportloopbane in rugby begin.

Kingston, wenner van 21 WWE-titels, het Mtawarira gevra of hy dit oorweeg om eendag in die rofstoeikryt te klim. Hy het daarop gewys dat die voormalige sterspeler van die Haaie se liggaamsbou ideaal is om in die WWE mee te ding.

Mtawarira het erken hy was sedert kindsbeen 'n aanhanger en dat dit 'n “ongelooflike ervaring” sou wees, aangesien hy WWE-legendes soos Hulk Hogan en The Rock bewonder.

“Ek sou baie opgewonde wees om die geleentheid te kry om na die WWE te kom, al is dit net vir een verskyning. Kom ons kyk wat gebeur, ou, dalk kan jy 'n paar deure vir my oopmaak!” het Mtawarira gesê.

Siya Kolisi, kaptein van die Bokke, het sy voormalige spanmaat se kanse op sukses in die WWE bevraagteken deur te spot dat “Kofi sal jou *** skop.”

Kingston het Mtawarira advies gegee oor hoe om voor te berei vir 'n moontlike verskyning in die WWE en belowe om alles in sy vermoë te doen om dit 'n werklikheid te maak.

Mtawarira het 117 toetse vir die Bokke gespeel – die derde meeste ná Victor Matfield en Bryan Habana. Kingston het by Wrestlemania 35 in 2019 die eerste Afrikaan geword om die WWE Championship-titel te wen.

Die res van sy 20 WWE-titels sluit in die Intercontinental-, United States Championship-, Raw Tag Team- en SmackDown-titels. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!