Wink volstrekte meerderheid vir Boris-hulle?

Vandag gaan die Britte hul kruisies in ’n belangrike algemene verkiesing trek. Wat verdeel hulle en wat meen kenners kan die uitslag wees? Leopold Scholtz doen verslag.
Sanet de Waal
Leopold Scholtz



Vandag se verkiesing is die derde stemmery in iets meer as vier jaar. Dis die tweede algemene verkiesing, wat aangevul is deur ’n referendum.

Natuurlik het talle kwessies ’n rol gespeel – die stelsel van nasionale gesondheidsorg, onderwys, immigrasie, die ekonomie, misdaad, noem maar op. Maar die een kwessie wat alles oorheers, was Brexit, oftewel Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU). Dit het die land tot in sy diepste kern verdeel.

Dit het alles begin in Junie 2016, toe die destydse premier, David Cameron, op die idee gekom het om die regtervleuel in sy eie regerende Konserwatiewe Party hok te slaan. Dié rebelle het ’n soort guerrilla-oorlog teen sy gematigde beleid gevoer en die kwessie van Brittanje se lidmaatskap van die EU as wapen teen hom gebruik.

Organiseer ’n referendum, het hy gemeen, en snoer die monde van die rebelle vir altyd.

Daar was net een probleem met dié strategie. Hy het verloor. Weliswaar taamlik naelskraap (52-48%), maar die opdrag was duidelik: Neem Brittanje uit die EU!

Cameron kon dié neerlaag nie oorleef nie en het plek gemaak vir Theresa May. Maar May se weifelende leiding en gebrekkige greep op die Tory-party het ’n chaos in die Britse politiek teweeg gebring, en sy het herhaaldelike stemmings in die laer huis verloor oor hoe om Brexit te bewerkstellig.

Dus het sy op haar beurt plek gemaak vir die flambojante Boris Johnson, wat beloof het om Brexit vir eens en altyd agter die rug te kry. Hy sukkel weliswaar om ’n behoorlike skeidingsooreenkoms met Brussel te bereik, maar hoop dat ’n goeie uitslag in vandeesweek se vervroegde verkiesing hom meer politieke spierkrag in die onderhandelings kan besorg.

JOHNSON EN CORBYN DIE HOOFKARAKTERS

Johnson is die een hoofkarakter in die verkiesing. Die ander is Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty. Hoe weeg hulle teen mekaar op?

Johnson en die waarheid is nie goeie vriende nie. Meer nog, hy staan bekend as ’n flagrante leuenaar wat byna patologies oor enigiets onder die son lieg.

Reeds as Brusselse korrespondent vir koerante in Brussel is hy herhaaldelik betrap dat hy berigte uit sy duim suig om die EU sleg te laat lyk. En ook as premier het koerante hom verskeie kere op leuens uitgevang.

Maar Johnson vergoed hiervoor deur ’n uiters sjarmante, seunsagtige manier om met mense om te gaan. ’n Voorbeeld: Op een van sy onlangse verkiesingsvergaderings is hy gevra wat na sy mening die straf moet wees vir politici wat lieg. So glad soos ’n paling het Johnson hom daaruit gewikkel: “Hulle moet op hul knieë deur die laer huis kruip terwyl hulle hulself pynig met kopieë van die leuenagtige dokumente.”

Die mense by die vergadering het by wyse van spreke oor mekaar geval van die lag. Johnson is onmiddellik vergewe en het waarskynlik selfs ’n paar stemme gewen.

Daarteenoor maak Corbyn ’n voortdurende suur, woedende indruk. Hy is geen slegte spreker nie, maar maak nie harte warm nie.

Daarby is hy in ’n sekere sin Johnson se grootste bondgenoot. Corbyn is naamlik ’n linkse ekstremis, iemand wat bekend staan as ’n Trotskiïs, iemand wat baie goeie dinge in Wladimir Lenin se ideologie sien.

Hy het slegs deur ’n nuwe stelsel leier van die Arbeidersparty geword. Pleks van die koukus, is dit nou die léde wat die partyleier kies – en in die maande voor die partyverkiesing is tienduisende linkse ekstremiste spesiaal as lede gewerf om vir hom te stem.

Hier het die Britte dus te make met ’n leier wat nie werklik die steun van sy party-establishment geniet nie. Dit gaan onder die kiesers nie ongemerk verby nie, en dit sal beslis in die verkiesingsuitslag weerspieël word.

Nog ’n nadeel vir Corbyn is dat hy, anders as Johnson, geen duidelike standpunt oor die EU het nie. Diep in sy hart beskou hy die EU as ’n kapitalistiese sameswering en wil hy ook met die liggaam breek, maar die party-establishment dink anders.

Dus is die standpunt wat hy in die openbaar verkondig, halfhartig: Hy wil ’n tweede referendum hê, maar sal daarin geen standpunt vir of teen EU-lidmaatskap stel nie.

WAT DIE PEILINGS VOORSPEL

Wat is die vooruitsigte vir die verkiesing?

Volgens die gemiddelde van alle peilings, soos gepubliseer op die webwerf Politico.EU, kan die Tories 43% van die stemme verwag, die Arbeiders 33%, en die Liberaal-Demokrate (die enigste party wat onomwonde vir voortgesette lidmaatskap van die EU is) 12%. Die Skotse Nasionaliste staan op 4% en Nigel Farage se Brexit-party op 3%.

Vergeleke met 2015 sou die Tories min of meer dieselfde persentasie kry; die Arbeiders sou van 40 na 33 duik, die LibDems sou van 7,4 tot 12 groei en die Skotse Nasionaliste van 3 tot 4%.

Een rede vir die Konserwatiewe se verwagte oes is dat die Brexit-party besluit het om geen kandidate te stel in kiesafdelings waar dit ’n Tory-oorwinning kan keer nie. Dit beteken dat baie potensiële Brexit-stemmers geen ander keuse het as om vir die Konserwatiewe kandidaat te stem nie.

Die huidige peilings sê weens die Britse kiesstelsel egter nie alles nie. ’n Kandidaat word in ’n kiesafdeling verkies as hy ’n relatiewe meerderheid stemme kry. Teoreties is dit moontlik dat ’n party wat 50,1% van die stemme in élke kiesafdeling trek, dus ál die setels in die laerhuis kan beset.

Die peilings wys egter ook iets uiters interessants, naamlik dat sowat ’n tiende van die kiesers nog nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie, en dat hulle takties gaan stem.

Luidens een peiling kan tot 44% van die mense wat éintlik tot die Arbeiders aangetrokke voel, vir die LibDems stem in kiesafdelings waar die Tories verslaan kan word. Altesame 39% van die LibDem-ondersteuners kan terselfdertyd vir die Arbeiders stem op plekke waar dit kan help om die Tories die onderspit te laat delf.

Dié mense se hoof-oorweging is om Brexit in sy spore te stuit en ’n tweede referendum uitgeroep te kry. Ander peilings wys dat die meeste Britte nou téén Brexit sal stem as hulle die kans kry.

Wat Johnson ook nie help nie, is dat een van sy Konserwatiewe voorgangers, oudpremier John Major, die kiesers saam met ’n ander oudpremier, Tony Blair, aangemoedig het om só te stem dat Brexit onmoontlik word.

Die gevolgtrekking van die peilingdeskundige Andrew Cooper is dat die meeste kiesers nie ten gunste van die Tory-weergawe van Brexit is nie, maar dat die meeste ook teen ’n Arbeider-regering onder Corbyn is. Dit lyk asof baie mense dus hul kruisies met toegeknypte neuse gaan trek.

Nietemin het die maatskappy Datapraxis op grond van ’n halfmiljoen onderhoude deur die peiler YouGov voorspel dat die Tories ’n absolute meerderheid van 38 in die laer huis gaan kry. Ander peilings wys ewenwel dat die Konserwatiewe meerderheid krimp en dat ’n onbesliste uitslag, soos in 2015, ’n ligte moontlikheid is.

Wat ook al die geval, dis eers verby as die vet dame sing. En dit sal eers Vrydag wees.

* Dr. Scholtz is ’n onafhanklike politieke ontleder wat in Nederland woon. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%