Windplaas wek nou krag op
Tanja Bause – Die drie 80 meter hoë windturbines by Lüderitz is voltooi en produseer reeds krag.
“Sedert 13 Augustus voorsien die Ombepo-windplaas die nasionale kragnetwerk van krag en is dit ten volle operasioneel,” sê mnr. Jan-Barend Scheepers, projekbestuurder van InnoSun.
“Ek was verlede week by NamPower se hoofkantoor in Windhoek en het gesien hoe die windturbines teen volle kapasiteit werk en krag lewer.”
Die Ombepo-windplaas, net buite Lüderitz, is die eerste in sy soort in Namibië. Dit is ’n ontwikkeling deur die Namibies-geregistreerde maatskappy InnoSun, wat uit Namibiese en Franse aandeelhouers bestaan. Lüderitz se dorpsraad het 5% aandele in die windplaas.
InnoSun het ’n kragaankoopooreenkoms van 25 jaar met NamPower onderteken by wyse van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se Refit-program (interim hernubare energie terugvoertarief).
Refit bied aanlegte wat hernubare energietegnologie verskaf toegang en laat hulle toe om krag teen ’n vasgestelde prys aan die elektrisiteitsnetwerk te verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie