Windhoek Woordfees skop binnekort af
Die Windhoek Woordfees is vanoggend deur dr. Chrisna Beuke-Muir bekend gestel. Die fees skop af op 26 Julie by die Maerua Mall Rooftop met die skrywer Lloyd Zandberg in Satires en Ander Skandes. Die voorsitter van die FNB-stigting het vanoggend hul toewyding tot die fees met 'n borgskap van N$60 000 bevestig. Dani Booysen, redakteur van Republikein, was ook teenwoordig en het gesê Afrikaans is nie net vir die puris nie, maar ook vir die grapmaker en die taxibestuurder.
Mnr.Herman van Wyk, beskermheer van die Windhoek Woordfees, het sy opwinding oor die fees tydens die geleentheid met gaste gedeel.
Mnr.Herman van Wyk, beskermheer van die Windhoek Woordfees, het sy opwinding oor die fees tydens die geleentheid met gaste gedeel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie