Windhoek Woordfees 2018

Windhoek Woordfees vier vanjaar sy sesde bestaansjaar van 31 Julie tot 4 Augustus.

“Ons wil Afrikaans in ons land vier en bevorder, en besin oor die funksies van ons taal,” aldus Chrisna Beuke-Muir, voorsitter en stigter van Windhoek Woordfees.

“Ons hoofborg, FNB-stigting en Republikein, ons mediavennoot, is daarvoor verantwoordelik dat Windhoek Woordfees ‘n werklikheid is, en met ‘n gedugte span van sewe vroue en drie manne wat sonder vergoeding, maar met veel passie hul álles gee, kan die publiek hul sitplekgordels vir ‘n baie besondere kulturele reis vasmaak.”

Afrikaans se horisonne lê wyd en die taal word tans gedoseer ook in Nederland, België, Pole, Oostenryk, Duitsland, Rusland en Oekraïne.

In Namibië staan Afrikaans 27 jaar ná onafhanklikheid sterk in ons land. Ons land se mense, wat voorheen deur apartheid teruggehou is, is nie meer kwaad vir die taal nie, en die getal studente aan die Universiteit van Namibië wat Afrikaans wil studeer, neem sedert die draai van die millennium stadig maar seker toe. Taal- en letterkundiges uit Suid-Afrika praat dikwels oor die gemak waarmee Namibiërs met mekaar in Afrikaans omgaan. So asof hulle verbaas is daaroor!

Wat 2018 se Windhoek Woordfees anders maak as dié van die vorige jare is dat dit nie beperk is tot Windhoek nie, want so tree Jannie du Toit byvoorbeeld vanjaar ook op Omaruru en Swakopmund op met twee produksies, Doep is nie dood nie en Bonjour Monsieur Brel, waarin hy die liedere van onderskeidelik Koos du Plessis en Jacques Brel laat herleef.

Gedigte en musiek voorspel ‘n passievolle kombinasie, en in die program Passiedigters span drie Nambiërs en drie Vlaminge hul dig- en musiektalente saam in ‘n produksie waar Afrikaans en Vlaams mekaar eggo. Die werktuie in die kunstenaar se hande? Die woord, ‘n klavier, ‘n trekklavier, ‘n kitaar en ’n baskitaar. (Soos Adam Small sê, “en vrinne / in my hand was my kitaar/ kô lat ons sing!”). Swakopmunders kan ook hierdie produksie op hul voorstoep ervaar.

Baie Namibiërs sien uit na die bekroonde teaterproduksie Die reuk van appels, wat gegrond is op Mark Behr se opspraakwekkende roman The smell of apples (1993). Wat dit vir Windhoekers meer besonder maak, is dat die akteur Gideon Lombard, ‘n boorling van Namibië en oudleerling van Windhoek Hoërskool, in die eenmanstuk speel.

Volgens Chrisna en haar span is hierdie produksie die pronkstuk van die fees, nie alleen omdat dit meermalig bekroon is nie, maar ook omdat dit ‘n gehalteproduk is waarin die definisie van menswees aan bod kom. Moet ‘n seun (en ‘n man) sekere dinge op ‘n spesifieke manier doen om ‘n man te wees, om jou manwees, en veral jou ménswees te bepaal? Die publiek sal moet spring; hierdie kaartjies verkoop vining! Koop jou kaartjies op ons webblad www.windhoekwoordfees.com.

Vier van ons eie Namibiese skrywers, Loraine Kotze, Marietjie Espach, Annika Mouton en Clarice Theys neem aan die Skrywergesprekke deel, tesame met twee Suid-Afrikaanse skrywers, Sophia Kapp en André le Roux. Laasgenoemde skrywer is bekend vir sy onlangse boek Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede), terwyl Sophia Kapp naam verwerf het veral as skrywer van liefdesverhale. Een van haar boeke wat heelparty Namibiërs waarskynlik al gelees het, is Oorlewingsgids vir ‘n bedonnerde diva. Kapp tree ook as spreker in die Filosofiegesprek Digitale Afrikaans met André du Pisani as die gespreksleier op.

Maar Windhoek Woordfees is beslis nie nét ‘n woordaangeleentheid nie. Wian van den Berg is ‘n kulkunstenaar en so Afrikaans soos wat die Kameeldoringboom Namibies is, hoewel hy al byna op elke kontinent naam gemaak het. In die program Boereveneukery vermaak hy die publiek, en maak hy moeiteloos sy los skoenveters vas deur net sy voet so ‘n bietjie te wikkel! Op die vraag aan hom wat hy die meeste van sy lewe as kulkunstenaar geniet, gee hy ‘n antwoord wat my sy vaardighede laat beny: “Die feit dat ek na enige mens in die wêreld kan stap wat ek nog nie ontmoet het nie, en hom kan laat lag, skree en dink dat ek iets kan doen wat hy geglo het onmoontlik is.”

Storievuur is elke jaar ‘n wenner. Onder leiding van storiemeester Piet Heyns vermaak drie Namibiese storievertellers die gehoor met staaltjies eie aan die warm aarde van ons land, en sommige daarvan belowe om skreeusnaaks te wees. Ook die tuinliefhebber word nie vergeet nie, en Johan Wentzel sorg vir die program Tuinboupraatjies waarin onder meer die nuutste besproeiingstegnieke en plaagbeheer bespreek word. (Plante groei darem in alle tale!)

Hierdie jaar bied WWF ‘n voorleesgeleentheid gratis vir die kleinspan aan in die program Eendag was daar . . . onder leiding van die baasvoorlesers Susan Alexander en Henriëtte van Wyk. Dit is die ideale geleentheid vir mammas (én pappas), asook nasorgdames om met die aggaroppies te kom luister na die mooiste Afrikaanse kinderstories. Dié geleentheid gaan gepaard met ‘n uitstalling van Afrikaanse kinderboeke.



Word ‘n Vriend van Windhoek Woordfees en laat almal wen!

Windhoek Woordfees het die ondersteuning van Namibiërs nodig wat glo dat die fees bestaansreg verdien, en hierdie ondersteuners word Vriende van Windhoek Woordfees genoem. Die borgskap van die hoofborg is nie naastenby voldoende om die kostes te dek om ‘n Windhoek Woordfees aan te bied nie, en die afgelope ses jaar het meer borgskappe vanuit Suid-Afrika en Europa gekom as vanuit eie bodem. Ons Namibiërs kan tog beslis beter doen as dit!

Hoe maak mens om ‘n Vriend van Windhoek Woordfees te word?

Die WWF-komitee het Vriende van Windhoek Woordfees in die lewe geroep met ‘n wen-wen-uitkoms voor oë. Die individu, of ‘n besigheid, kan as ‘n Vriend van Windhoek Woordfees in aanmerking kom. As besigheidsinstansie nooi jy jou kliënte uit om ‘n feesproduksie by te woon, en Windhoek Woordfees kry op hierdie wyse kans om haar gehalteprodukte met die Namibiese publiek te deel. Jy koop by enige spanlid namens jou besigheid ten minste tien kaartjies van enige produksie teen 10% afslag, en jou besigheid se handelsmerk (logo) verskyn op die webblad www.windhoekwoordfees.com. Boonop word jou kaartjies persoonlik aan jou besorg. Van die spanlede se kontakbesonderhede verskyn op die webblad.

Individue kan ook ‘n Vriend van WWF word. Dan hoef jy slegs vyf kaartjies (van enige produksie) teen 10% afslag te koop. Jou naam verskyn dan op die webblad onder die skakel Vriende van Windhoek Woordfees.

Die Windhoek Woordfeesspan

Chrisna Beuke-Muir is die voorsitter, en het Windhoek Woordfees saam met Ronelle Rademeyer in 2013 op die been gebring. Sy speel in die program Passiedigters, en is verder verantwoordelik vir openbare skakeling en fondsinsameling. Ronelle is verantwoordelik vir die filosofiegesprek, Digitale Afrikaans. Henriëtte van Wyk en Susan Alexander is die samerstellers en aanbieders van die voorleesprogram Eendag was daar … , en Henriëtte is die onderhoudvoerder met ons plaaslike skrywers in die program Skrywersgesprekke saam met Susan. Annika Mouton en Ronelle Rademeyer voer die onderhoude met die Suid-Afrikaanse skrywers, Sophia Kapp en André le Roux onderskeidelik. Susan Alexander en Emma Kirchner het gesorg dat Die reuk van appels in Windhoek op die planke kom, en Piet Heyns is die storiemeester van die Storievuur-program. Olga Maartens organiseer Jannie du Toit en Ensemble se optredes Doep is nie dood nie en Bonjour Monsieur Brel, en hou ‘n ogie oor die webblad. Lloyd Zandberg tree saam met Chrisna in Passiedigters op en is ‘n waardevolle skakel met Smartmove, ons webbladontwerper. Johan Wentzel sorg vir die program Tuinboupraatjies.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%