Windhoek van toeka
Tanja Bause
Die nuwe stadsmuseum is onlangs op die hoek van Robert Mugaberylaan en Schwerinsburgstraat in Windhoek geopen.
Volgens die kurator van die museum, mnr. Aaron Nambadi, wou die stadsraad die geskiedenis van die stad aan besoekers en die gemeenskap ten toon stel.
“Die museum het sewe galerye in kronologiese volgorde van pre-koloniaal tot vandag. Een galery beeld die geskiedenis van die ou lokasie uit en hoe die mense verwyder en na Katutura verskuif is.
'n Ander galery stel die fauna en flora van Windhoek ten toon. Mense kan die voëls, reptiele en plante sien wat hier voorkom.”
Inheemse plante is in die museum se tuin geplant met naamborde wat die plant se naam en die medisinale gebruike aanwys.
“Ons voorouers het die plante vir hul medisinale waardes gebruik. Daar was byvoorbeeld 'n plant vir oogkwale en een vir wanneer jou maag pyn. Ons mense het die plante se medisinale eienskappe vergeet,” het hy gesê.
Een van die uitstallings wys ook die stadsraad se funksies.
“Ons wys vir die eerste keer die funksies van die nooddienste wat voorheen as die brandweer bekend gestaan het. Ons wys alles van die nooddienste sodat mense kan sien wat hulle doen en met hulle werksaamhede vertroud kan raak. Dié uitstalling word elke ses maande vervang sodat al die verskillende aspekte van die stadsraad ten toon gestel kan word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie