Windhoek: Steeds te veel lyke, te min plek
Windhoek: Steeds te veel lyke, te min plek

Windhoek: Steeds te veel lyke, te min plek

Die verassing of teraarde­bestelling van onopgeëiste lyke is direk afhanklik van lede van die publiek se samewerking om dit wél te kom opeis.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die polisie se lykhuis in Windhoek het te veel lyke en te min plek.

Maar, sê die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, die aantal liggame wat tans hier gestoor word, het aansienlik verminder ná die nodige wetenskaplike en regs­prosedures voltooi is.

Mnr. Daniel Kashikola wou egter nie bevestig of daar steeds tussen 180 en 200 liggame geberg word in 'n ruimte wat eintlik net vir 24 bedoel is nie.

Kashikola het in die parlement gereageer op 'n vraag van mnr. Apius Auchab van die UDF, wat onder meer wou weet wat word van die liggame wat reeds meer as 'n dekade hier geberg word.

Volgens Auchab maak die ministerie van veiligheid en sekuriteit voorsiening vir 'n lykhuis in sy nuwe gebou vir forensiese wetenskap, wat tans in aanbou is.

“Ons wil egter nie hiermee beweer dit sal die huidige probleme oplos nie, omdat niemand met sekerheid kan voorspel hoeveel sterftes van tyd tot tyd 'n ondersoek van die polisie sal verg nie,” het hy gesê.

Volgens Auchab is die verassing of teraardebestelling van onopgeëiste lyke direk afhanklik van lede van die publiek se samewerking om dit wél te kom opeis.

“Liggame en ander menslike oorskot word meestal op versoek van familielede en geliefdes geberg,” sê hy.

Hy het erken die aantal onopgeëiste liggame dra tot die probleem van beperkte ruimte by die lykhuis by, maar wou nie bevestig of van dié lyke vir 10 jaar reeds hier geberg word nie.

Auchab het wél vertragings weens “onvoorsiene omstandighede” verlede jaar in die uitvoer van lyk­skouings erken. Dié struikelblokke is volgens hom egter oorbrug.

Hy het voorts gesê die ministerie hou deurgaans by voorgeskrewe prosedures wanneer familielede en geliefdes ingelig word om die liggame te kom opeis. Dié prosedures sluit direkte persoonlike kommunikasie, korrespondensie, sowel as kennis­gewings in die gedrukte sowel as elektroniese media in.

Volgens Auchab is die ministerie in gesprek met die kantoor van die aanklaer-generaal en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om 'n oplossing vir die oorvol lykhuis te probeer vind.

As 'n direkte gevolg hiervan het die verassing van onopgeëiste liggame reeds volgens hom begin.

Hy het voorts beklemtoon huidige wetgewing spreek die situasie aan en die verantwoordelikheid vir die teraardebestelling of verassing van bogenoemde liggame sal steeds deur die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste gedra word.

Republikein het in Julie verlede jaar berig oor die lykhuis wat toe meer as 180 liggame geberg het.

Toe het die oorweldigende stank van liggaamsvloeistowwe van liggame wat reeds maande, selfs jare, gelede dood is, oor die lykhuis gehang.

Een van die onopgeëiste lyke was dié van 'n man wat sedert 2009 nog nooit deur 'n vriend of 'n familielid opgeëis is nie.

Benewens Windhoek, word liggame uit Okahandja, Rehoboth, Dordabis en Klein-Aub hierheen gebring, terwyl lyke uit die Hardap-, ||Kharas- en Erongostreek ook hier gehuisves moet word.

Volgens regulasie 15 van die Wet op Staatshospitale en Gesondheidsinstellings van 1994 kan die hoof van die staatshospitaal 'n skrywe rig dat 'n liggaam wat nie binne 14 dae opgeëis word nie, in die begraafplaas die naaste aan die lykhuis begrawe word.

Die regering het gewoonlik armlastiges in die hoofstad se begraafplase op hul onkoste begrawe.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is verantwoordelik vir onopgeëiste liggame en stel daarom 'n begrafnisondernemer aan om die proses te versnel.

Die Namibiese polisie het verlede jaar dringend N$5 miljoen nodig gehad om onopgeëiste liggame te veras wat tans in die polisie se lykhuis in Windhoek gestoor word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067