Windhoek steeds sonder baas

Die hoofstad se uitvoerende hoof is nie terug op sy pos nie.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Windhoek-munisipaliteit sit sonder 'n uitvoerende hoof.

Dit nadat mnr. Robert Kahimise Maandag en gister weer nie opgedaag het om sy pos vol te staan nie.

Die woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, mnr. Harold Akwenya, het dit Maandag bevestig: “Vandag het die stad van Windhoek geen ­uitvoerende hoof nie.”

Akwenya het bygevoeg 'n waarnemende hoof mag nie die dag-tot-dag leierskap oorneem nie, maar kan slegs gedurende vergaderings instaan.

Hy kon nie sê wanneer die hoofstad se toppos gevul sal word nie.

Die leemte volg ná die stad se ­bestuurskomitee se mislukte poging om Kahimise verlede Maandag met onmiddellike effek te skors.

Laas week moes die adjunkburgemeester, me. Teckla Uwanga, wat ook as adjunkvoorsitter van die stadsraad dien, vinnig die skorsing terugtrek aangesien dit onreëlmatig gedoen is.

Volgens Kahimise se prokureur, mnr. Patrick Kauta, het die adjunkburgemeester se brief in die verband omstreeks 15:30 op Donderdag 25 Oktober by sy kantoor by Dr. Weder, Kauta en Hoveka opgedaag.

Hy haal die inhoud aan: “Ons onttrek ons brief van 22 Oktober 2018 soos deur u kliënt ontvang en in verband met sy skorsing. As gevolg van die onttrekking van die skorsing moet u kliënt op Vrydag 26 Oktober om 07:30 vir diens aanmeld.”

Kauta het per brief die ­burgemeester se kantoor ingelig dat Kahimise nie sal terugkeer werk toe nie.

Hy wou weet of Uwanga se brief namens die bestuurskomitee of die stadsraad geskryf is, en ook wat die bestuurskomitee die reg gegee het om Kahimise te skors voor die stadsraadvergadering op die aand van 25 Oktober. Verder het Kauta geëis die stadsvaders moet die notule van die stadsraadvergaderings van 22, 24 en 25 Oktober verskaf, asook die notules van die bestuurskomitee s'n op 24 en 25 Oktober.



WETSGEHOORSAME BURGER

Teen gister het hy nog nie die dokumente ontvang nie.

Die prokureur sê sy kliënt is 'n wetsgehoorsame burger wat nie sy voet op die munisipale perseel sal plaas terwyl hy geskors is nie, aangesien dit 'n oortreding sal wees.

“Let wel: Die brief aan ons (waarin die skorsing teruggetrek word,) spruit nie uit die stadsraad­vergadering wat eers later ­plaasgevind het nie, maar uit die bestuurskomitee-vergadering. Op watter gronde baseer die bestuurskomitee hul reg om die skorsing te onttrek? My kliënt bly geskors omdat ons die raadsbesluit moet gehoorsaam,” het hy gesê.

Kauta het ook gesê die eis van die genoemde dokumente is bloot om hul kliënt behoorlik te kan adviseer.

“Ons het ook 'n probleem met die raad se beleid dat ons kliënt nie ­geregtig is op 'n salaris gedurende sy skorsing nie.

“Ons wag vir hulle. Hulle moet dit nie te lank uitrek nie. As hulle dié week nie reageer nie, sal ons hof toe gaan om alles ter syde te stel, op hulle onkoste. Anders sal ons op al die stadsraadslede in hul persoonlike hoedanigheid se spoor bly om toe te sien hulle betaal,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!