Windhoek Skou begin mu00f4re
Windhoek Skou begin mu00f4re

Windhoek Skou begin môre

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Windhoekers weet al: As die jakarandas begin blom, is dit skoutyd in die hoofstad.

Die hekke na die 63ste jaarlikse Windhoek Nywerheids- en Landbouskou open om 10:00 môre, met ’n vol program aan die landboukant en ’n veeltal stalletjies met produkte te kus en te keur.

Soos in die verlede kan skougangers ook weer uitsien na die pretpark met sy mallemeule.

Wat die grootveebeoordelings betref, gaan 57 telers altesaam 488 beeste skou. Die Simbra-ras vier sy 30ste bestaansjaar met nasionale kampioenskappe wat Saterdag om 08:00 in Ring 2 in die Arena aangebied word.

Aan die kleinveekant het 45 telers altesaam 1 111 stuks vee ingeskryf. Die Boerbok-, Kalahari Red- en Damaraskaap-telers ding in nasionale kampioenskappe met hul diere mee.

Anders as vorige jare vind die Veeparade vanjaar nie eers op Donderdag plaas nie, maar is verskuif na Dinsdag om 16:30 in die Arena.

Toegang vir die skou beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoolgaande kinders. Bejaardes kan die skou gratis bywoon.

WEN KAARTJIES
Twintig lesers kan elkeen dubbelkaartjies na die Windhoek Skou wen. SMS die woord “SKOU”, jou naam en van na 51500 om in aanmerking te kom. Elke SMS kos N$3 en die lyn sluit om middernag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!