Windhoek se soustrein lu00f3u00f3p
Windhoek se soustrein lu00f3u00f3p

Windhoek se soustrein lóóp

Die Windhoekse stadsraad (CoW) verwag inkomste van N$4,3 miljard terwyl sy verwagte uitgawes N$4,9 miljard beloop.
Denver Kisting
Denver Kisting



Windhoekse belastingbetalers moet in die nuwe boekjaar N$180 miljoen méér vir stadsvaders se besoldiging opdok.

In die hersiene bedryfsbegroting van 2017-'18 is N$1,43 miljard aan salarisse, lone en toelae bestee.

Vir 2018-'19 is N$1,61 miljard begroot.

Dít verteenwoordig 'n toename van nagenoeg 12,66%.

'n Totaal van N$704 miljoen is vir salarisse begroot, terwyl N$268 miljoen vir behuisingstoelae bereken is.

In die vorige tydperk is N$614 miljoen aan salarisse bestee, terwyl behuisingstoelae N$244 miljoen gekos het.

Hoewel minder na verwagting aan selfoonuitgawes bestee sal word, beloop dié begrote uitgawe meer as N$2 miljoen.

In die vorige tydperk is meer as N$4 miljoen aan selfoonuitgawes bestee.

Die Windhoekse stadsraad (CoW) beoog om tydens die nuwe boekjaar bykans N$1,8 miljoen aan die bestuur van sakeprosesse te bestee – sowat N$1,752 miljoen meer as in die vorige tydperk.



reusebedrae vir vierings

Volgens sy begroting, waarvan 'n uitgelekte afskrif in Republikein se besit is, gaan N$249 692 aan die opgradering en instandhouding van reklameborde en –tekens bestee word. In die vorige tydperk is N$150 000 hiervoor betaal.

'n Totaal van meer as N$5 miljoen word vir bankkoste begroot.

Die jaarlikse kultuurfees gaan die stad na verwagting N$546 025 uit die sak jaag – N$546 025 méér as wat verlede jaar bestee is.

Daar is eweneens verlede jaar niks aan die viering van nasionale dae bestee nie, terwyl N$74 965 in die nuwe boekjaar daarvoor begroot is.

Die stadspolisiedag gaan na ­verwagting vanjaar N$425 453 kos teenoor verlede jaar se kwalik N$16 000.

CoW beplan voorts om sowat N$150 000 minder aan sy strategie vir swart ekonomiese bemagtiging te bestee – van N$200 000 tot N$42 002.

Hiernaas is sowat N$76 000 vir Kersliggies begroot. Dít is sowat N$50 000 meer as wat verlede jaar bestee is.

Onthaaluitgawes gaan volgens die begroting vanjaar N$247 000 beloop – soortgelyk aan die N$256 000 wat verlede jaar bestee is.

Hiernaas gaan sowat N$551 216 aan geleentheidsbeplanning bestee word – meer as N$200 000 meer as in die vorige tydperk.

'n Totaal van N$374 965 is aanvullend vir algemene onthale begroot, terwyl sowat N$43 000 na verwagting aan die jaareindfunksie bestee sal word.

Herstelwerk en instandhouding sal na verwagting vanjaar ongeveer N$181 miljoen beloop teenoor N$204 miljoen wat verlede jaar betaal is.

Dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, by wie die goedkeuring van die begroting berus, het vandeesweek aan Republikein gesê hy sal dít eers doen as CoW kan sê hoe hy daarvoor sal betaal.

Hy het Dinsdagaand aan Republikein gesê hy het nét die groenlig vir die bedryfsbegroting gegee sodat hulle hul bedryfs- en wetlike verpligtinge, soos salarisse, kan nakom.

Voor CoW nie kan bewys hoe hulle die bedryfsverlies van ongeveer N$650 miljoen gaan aanspreek nie, mag hulle geen verdere uitgawes, wat nie kontraktueel of strafregtelik verlang word, aangaan nie.

Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het ook die afgelope week by monde van sy LP, mnr. Nico Smit, vuur oor dié begroting gespoeg.

Smit het gesê dit is skandalig en dat Windhoek se munisipaliteit die inwoners van die hoofstad in die steek gelaat het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!