Windhoek ruk en rol
Francoise Steynberg - Windhoekers het gisteroggend in hul beddens gebewe en dit was nie weens die koue nie.
'n Aardbewing van 2,3 op die Richterskaal het om 02:45 sowat 10 km suidwes van die hoofstad plaasgevind. Volgens die geologiese opname van die ministerie van myne en energie is die aardbewing deur twee plaaslike seismiese stasies, Windhoek en Ariamsvlei, waargeneem.
“Seismiese fases is deur hierdie stasies vir analise waargeneem, maar ongelukkig is die ligging en sterkte nie akkuraat genoeg nie weens onvoldoende data. Dit vereis 'n mimimun van drie stasies om dit akkuraat waar te neem,” lui 'n verklaring van die waarnemende adjunk permanente sekretaris van myne en energie, me. Gloria Simubali.
Die aardbewing het teen 'n diepte van 15 km plaasgevind.
Op Reën in Namibië se Facebook-blad het verskeie Windhoekers gesê hulle het die skudding gevoel. Martin Fourie sê hul eetkamer se teëls het gekraak.
Nadia Steenkamp skryf by Brakwater-Noord het dit geklink soos 'n ondergrondse ontploffing. “Vensters het geraas en daar was 'n ligte bewing vir omtrent tien sekondes.”
Stephan Ezau het gedink dis 'n klomp trokke agter die Rhino Park private hospitaal, want sy tafel het gebewe.
Sophy Platt stem saam dat dit soos 'n klomp trokke geklink het. “In Windhoek-Wes was dit erg gewees.”
Volgens die webtuiste van Earthquaketrack was daar gister alleen 94 aardbewings wêreldwyd wat meer as 1,5 op die Richterskaal gemeet het. Die grootste aardbewing gister was by die Suidoostelike Indiese rif en het 5,8 op die Richterskaal gemeet.
Die afgelope week was daar 677 aardbewings wêreldwyd en 3 164 die afgelope maand. Die afgelope week was daar ook 'n aardbewing van 5,8 op die Richterskaal by Kokopo op die Indonesiese eiland Papoea-Nieu-Guinee.
Die grootste aardbewing die afgelope maand het 7,7 op die Richterskaal gemeet en het by Komandorskiye Ostrova, Rusland, plaasgevind.
Die afgelope jaar het daar altesaam 39 247 aardbewings wêreldwyd plaasgevind met die grootste aardbewing, van 7,9 op die Richterskaal, ook op die eiland Papoea-Nieu-Guinee by Panguna.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie