Windhoek kry nuwe baas
Windhoek kry nuwe baas

Windhoek kry nuwe baas

Augetto Graig
Augetto Graig - Die munisipaliteit van Windhoek se nuwe hoof uitvoerende beampte, mnr. Robert Kahimise, is reg om amptelik sy pos te beklee.

Kahimise is Vrydag amptelik aan die media voorgestel. Die hoofstad se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het hom verwelkom in die pos wat vir byna drie jaar nie gevul was nie.

Die vorige hoof uitvoerende beampte, mnr. Niilo Taapopi, het in 2014 bedank. Sedertdien is die verantwoordelikheid vir die administratiewe leierskap van die hoofstad aan verskeie departementshoofde oorhandig.

“Hoewel die wiele van die proses om 'n plaasverganger te vind voor Taapopi se uittrede reeds begin rol het, was die proses langer en meer omslagtig as wat verwag is," het Kazapua gesê.

Kazapua het tydens Kahimise se verwelkoming belowe die stadsraad sal hom ondersteun en hom krag en wysheid vir sy nuwe rol toegewens. Kazapua het ook sy dankbaarheid aan mnr. Fillemon Hambuda betoon wat die afgelope maande in die pos waargeneem het.

Kahimise het tydens dieselfde geleentheid beloof om die huidige grondkwessie in die hoofstad te takel.

“Die stad se uitdagings kan slegs deur die ondersteuning van die gemeenskap en die munisipaliteit getakel word,” het Kahimise volgens Nampa gesê. Nog uitdagings sluit die verbetering van prestasiestelsels, die bevordering van ekonomiese ontwikkeling en werkverskaffing, die diens van erwe en die verskaffing van bekostigbare behuising in.

Kahimise het die pos volgens Nampa vir 'n salaris van sowat N$220 000 per maand aanvaar.

Hy was voorheen die hoof uitvoerende beampte van Erongo RED waar hy eers die algemene bestuurder was.

Vanaf 2004 tot Junie 2010 was hy 'n bestuurder by die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) en het hy ook as konsultant vir Alexander Forbes gewerk. Kahimise het in die verlede ook vir die ministerie van myne en energie gewerk.

Hy het in 2003 'n meestersgraad in besigheidsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en beskik ook oor 'n nasionale diploma in rekeningkunde en finansies wat hy aan die Politegnikum van Namibië behaal het. Kahomise is vir vyf jaar, tot die einde Januarie 2022, aangestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!