Windhoek kry eie ekonomiese plan
Windhoek kry eie ekonomiese plan

Windhoek kry eie ekonomiese plan

Stadsraad aanbeveel om rol as ontwikkelaar vol te staan
Augetto Graig
Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese herstel moet lei nie. Hierdie “neoliberale ortodoksie” is volgens hom verkeerd bewys deur die ekonomiese groei van veral “Asiatiese tier”-lande soos Hongkong, Singapoer, Suid-Korea en Taiwan, wat almal die teenoorgestelde beleid gevolg het.
“In hierdie ekonomieë het die staat ontwikkeling bestuur en ingegryp in die ekonomie om vinnige industrialisasie te bevorder, wat tot ekonomiese groei gelei en veroorsaak het dat hierdie van die wêreld se rykste nasies is,” sê hy.
“In elke voorbeeld van ’n suksesvolle ontwikkelingstaat, veral dié wat hier genoem is, het stede ’n kernrol gespeel.
Met Windhoek wat meer as 30% van die land se BBP inbring, met ’n bevolking van 400 000 inwoners, is dit ooglopend dat Windhoek die hoeksteen van ekonomiese groei moet wees, as ons land wil slaag,” sê hy.
In dieselfde toespraak, tydens die opening van die maandelikse stadsraadvergadering, het Amupanda pres. Hage Geingob se nuwe Harambee Welvaartsplan Twee (HPP2) as ’n stap agteruit beskryf.
“Ná die bekendstelling van die HPP2-dokument deur die president se adviseurs is dit na my mening baie duidelik dat ons land in ’n krisis is.
Die regering val nie net terug op neoliberalisme nie, maar hardloop verder van sy pligte af weg. Die regering sien homself nie as ’n kernaandrywer van groei deur ingrypende maatreëls nie, maar as ’n blote konsultant wat vinnige kontant wil maak deur die staat se bates te probeer verkoop,” sê die burgemeester.
“Daar is geen verbintenis tot die skepping van nuwe voltydse werksgeleenthede vir ons groeiende en al hoe kwater skares werkloses nie, van wie vele met grade gewapen is. Dit blyk hul strategie vir ekonomiese herstel is werksverlies, herstrukturering en likwidasie van openbares ondernemings,” sê hy.
Volgens hom dui dié omstandighede op ’n gebrek aan leierskap. “Dit is om hierdie rede dat ons as Windhoek se leierskap vorentoe moet tree om ons land te lei en die rigting tot ekonomiese groei en werkskeppe te wys.”
Volgens die burgemeester sal die hoofstad ’n ingrypende karakter inneem soos uiteengesit in Windhoek Ekonomiese Herstel-inisiatief – die WERI-plan wat hy by April se stadsraadvergadering sal voorstel, sê hy.
“Die inisiatief probeer om te verseker dat die stad ’n korporatistiese benadering volg, om sake en arbeid bymekaar te bring, om ekonomiese groei in die plaaslike ekonomie te bewerkstellig, en ook vir die hele land. WERI sal ’n geleentheid vir innovasie vir ekonomiese groei en werkskepping skep.
“Aan entrepreneurs en nyweraars, buitelanders en plaaslikes, wat u idees nog altyd aan die stad wou voorlê, maar weens korrupsie en burokrasie nie daartoe in staat was nie, kan hierdie inisiatief vir opwindende geleenthede’n vrugbare grond wees,” sê hy.
Stadsraadslede, veral die vorige burgemeester, me. Fransina Kahungu, het kapsie gemaak teen Amupanda se verwysing na politieke elite en sy beskrywing van die HPP2-plan as ’n “dokument van raadgewers”. Sy dring aan Namibië se regering bestaan uit drie gesagte en die sentrale regering bly die moeder van die stadsraad. Amupanda sê die elite bestaan vanweë die indeling van klasse in die samelewing en die politiek is geen uitsondering nie.
[email protected]

FOTO
Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die hoofstad moet sy eie rigting inslaan om ekonomiese groei te bereik. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%