Windhoek: Instandhouding ’n kopseer

Openbare toilette ’n uitdaging

06 December 2018 | Regering
Augetto Graig – Windhoek se munisipale werkers is toegewy aan die instandhouding van die hoofstad se infrastruktuur ondanks struikelblokke in die aanstel van diensverskaffers.

Volgens Namibië se tenderbulletin moes die munisipaliteit in Julie en Augustus 16 instandhoudingstenders kanselleer.

Drie van dié tenders moes reeds in 2017 van krag wees.

Die tenders sluit in die verskaffing van skoonmaakdienste by die Bokamoso-entrepreneursentrum, Katutura se nywerheidstalletjies, asook stalletjies in Khomasdal, Wanaheda en Menarovandu.

Bushaltes, pale en die aanskaf van advertensieruimtes is ook gestaak.

Ander tenders wat nie toegeken is nie, sluit in die verskaffing van waterpomp-onderdele, koerierdienste, elektriese toerusting en rekenaartegnologie vir die stad se argitektuur-afdeling.

Mnr. Harold Akwenye, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit maak gebruik van korttermyn-kwotasiegebaseerde diensverskaffers totdat die uitstaande tenders weer geadverteer en toegeken kan word.

“Tans is daar drie skoonmaakkontrakteurs wat skoonmaakdienste aan nywerheidstalletjies verskaf,” sê hy.

“Die huidige skoonmaakkontrakteurs word op ’n kontrak van drie maande aangestel, wat op 31 Januarie 2019 verstryk.

“Dít om te verseker higiëne word by nywerheidstalletjies gehandhaaf, terwyl die formele keuringsproses gefinaliseer word.

“Skoonmaakdienste vir ontspanningsparke, insluitend Zoo Park, word ook voorsien deur gebruik te maak van kontrakteurs wat vir drie maande aangestel is,” het hy gesê.

’n Soortgelyke tydelike reëling word vir die munisipale hoofkantoor gebruik, sê Akwenye.

Volgens hom het die stad 'n tydelike reëling ingestel om in dringende instandhoudingsbehoeftes te voorsien, terwyl beskikbare mannekrag aandag aan ander behoeftes skenk.

“Ons het die vermoë om noodsaaklike waterinfrastruktuur en pompstasies in stand te hou,” sê hy.

Akwenye sê die skoonmaak van openbare toilette is elke burger wat daarvan gebruik maak, se verantwoordelikheid.

Volgens hom is die munisipaliteit se afdeling vir die instandhouding van geboue in dié geval slegs vir die instandhouding van geboue verantwoordelik.

Mnr. Fred Ganaseb sê dié stelsel is nie voldoende nie, omdat te veel mense die beskikbare toilette deel.

Volgens hom moet die skoonmaak van elke afsonderlike toilet vyf tot tien huisgesinne se verantwoordelikheid wees.

Hoofbrekens wat openbare toilette veroorsaak, sluit in vandalisme en die steel van toiletbakke en -tenks.

“Ons vervang meer as wat ons instand hou. Ook die watertoevoer na toilette is verniet, dus peuter mense aan die pype en krane. Wanneer ’n toiletbak vervang word, kan dit tot drie dae neem vir die sement om droog te word. In dié tyd word die bak gesteel. Dan moet ons dit wéér vervang,” sê hy.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 dae gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 dae gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

2 dae gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...