Windhoek Hoërskool - ’n hele eeu jonk!

Karin Eloff
Op 5 Februarie 1917 het mnr. William Anderson die eerste hoërskool in Suidwes-Afrika geopen. Presies 101 jaar later staan hierdie skool steeds en dien dit as een van die mees vooraanstaande opvoedkundige instellings in Namibië. Anderson was vir die volgende 30 jaar die “blou” skool se skoolhoof.

Die skool het in daardie stadium net sewe graad 7-leerlinge gehad. Dwarsdeur sy loopbaan as skoolhoof het Anderson alles met groot entoesiasme aangepak. Hy het leerlinge aangemoedig om hul beste te gee.

Sy insig het vrugte op sport- én akademiese gebied afgewerp.

Toe hy in 1946 aftree, verlaat hy die skool met hoë standaarde wat gestel is.

Goeie punte was volgens hom net die helfte van die stryd - die belangrikste was vir hom dat leerders die wêreld met met trots en goeie morele waardes ingaan.

TYDLYN

1919

Die embleem met die leuse “Virtus Floreat” (deugsaamheid floreer), soos dit vandag nog gebruik word, is deur Anderson ontwerp. Dit bestaan uit ‘n koedoekop teen ’n ligblou agtergrond met ‘n wit banier agter die horings. Die banier beeld die letters “WHS” uit. Die koedoe simboliseer skoonheid, genade, waaksaamheid en trots. Die blou verwys na oop ruimte en die hoop op ’n blink toekoms. Wit verteenwoordig eenheid.

1921

Die eerste vier standerd 10’s skryf hul matriekeksamen in November en die eerste basiese skooluniform maak sy verskyning.

1923

Die Boy Scout Troop word by Windhoek Government School op die been gebring.

1925

WHS trek na “die sinkgebou”, waar die skool tans nog geleë is. WHS was oorspronklik by die Laerskool Emma Hoogenhout in Robert Mugabeweg. Dié perseel is vandag ‘n museum. In dieselfde jaar word die eerste Girl Guides Company en Windhoek Highschool Magazine bekend gestel.

1927

WHS se alumni word tydens die 19 jaar-viering gevestig. Klasse word in Afrikaans, Engels en Duits aangebied.

1928

Inhuldiging van die eerste SWA Interschool Championship Sports (SWAICS) en Arts-kompetisie.

1930’s

Depressiejare. Moeilike ekonomiese omstandighede. Die skool kry ‘n vlootblou skoolbaadjie met ligblou strepe.

1932

Afrikaans word as onderrigmedium aanvaar.

1935

Voortrekkerbeweging word by WHS gestig.

1934-’36

WHS bekleë ‘n unieke plek in Suider-Afrika. Leerlinge word toegelaat om hul matriekeksamen in enige van die drie aanvaarde tale, Afrikaans, Engels of Duits, te voltooi.

1938

Die nuwe hoofgebou en die Small Hall word ingehuldig.

1939

Die eerste rugbyliedjie word geskryf en voor elke wedstryd gesing.

1945

Vlootblou skoolbaadjie met ligbou omboorsel.

1946

Anderson tree ná 30 jaar as skoolhoof af.

1950

Die skoollied word vir die eerste keer in Engels gesing.

1952

Die Alte Feste word as ‘n koshuis vir seuns aangewend en as klaskamers. Die eerste 100%-slaagsyfer vir 98 standerd 8’s en 24 standerd 10’s.

1953

Die laaste interhuisatletiekvergadering met vier spanne: Kanniedood, Swarthaak, Wag-‘n-Bietjie en Haak-en-Steek.

1958

Koshuis 1 het oorspronklik net meisies gehuisves en later seuns. Dit was langs die huidige skoolgebou geleë. WHS se vlootblou baadjie met ligblou en wit strepe word geregistreer. Die paviljoen word op die rugbyveld gebou.

1961

Meer as 1 000 leerlinge is geregistreer. Owerhede begin met die bou van Hoërskool Jan Möhr High en Hoërskool Centaurus. Die skool se eerste langspeelplaat, WHS Varia, word bekend gestel.

1962

Die skoollied word in Afrikaans vertaal. Hoërskool Centaurus neem al die Engelse leerlinge, en leerlinge wat aan die westelike kant van Kaiserstrasse gewoon het, word by Hoërskool Jan Möhr ingeskryf. In dieselfde jaar verskyn die eerste skoolkoerant, die Virtus Floreat.

1964

WHS koop sy eerste skoolbus, die Blou Ark, aan en die eerste Cravenweek-span word gekies, waarvan agt spelers uit WHS kom.

1965

Die leerlingraad vestig die skool se erekode, “Die Here is my banier. My skool, my eer”.

1966

Die eerste interhoër atletiek tussen WHS en Hoërskool Jan Möhr vind plaas.

1967

WHS vier sy 50ste bestaansjaar.

1969

Die skoolkalender bestaan uit vier kwartale en 200 skooldae.

1971

Die seuns van Koshuis 1, langs die skool, verhuis na die nuutgeboude Koshuis 1 op die bult. Die JG van der Wath-stadion word aan WHS oorhandig.

1973

Die hoofgebou en laboratoriums word ingehuldig.

1974

Nuwe skooldrag word vir senior leerlinge ingestel.

1978

WHS bou ‘n swembad en Koshuis 1 word na Huis Dreyer hernoem.

1979

Onthulling van die rugbygalery en WHS se leerlingraadkamer.

1982

Eerste Aus-atletiekbyeenkoms tussen WHS en Hoërskool Wennie du Plessis.

1985

Rekenaarstudie word vir die eerste keer in die skool aangebied.

1986

Oop speelgrond net vir matrieks.

1987

WHS word 70.

1988

Standerd 5’s word vir die eerste keer by die hoërskool ingeskryf en die skool behaal ‘n 100%-matriekslaagsyfer.

1990

Namibië raak onafhanklik en WHS aanvaar leerlinge van alle stamme en tale. Klasse ook in Engels aangebied. In dieselfde jaar word die The Windhoek School Foundation gevestig. Dit was die laaste jaar wat Latyn as skoolvak aangebied is.

1991

Mev. Kuvambo Nujoma open die House Competition. Die skoollied se eerste vers is in Afrikaans en die tweede vers in Engels. Karlienhof en Huis Floreat smelt saam en word Karlienhof.

1992

WHS het ‘n gemiddeld van 1 200 leerlinge in grade 8 tot 12.

1993

Laaste jaar vir graad 7’s om aan die hoërskool in te skryf.

1994

Laaste jaar wat die die matrieks die KOD-eksamen skryf.

1995

Eerste jaar wat die Cambridge- en eksterne eksamens geskryf word.

1997

WHS word 80.

1998

Die internet word vir alle leerlinge beskikbaar gestel.

2000

Die JG van der Wath-stadion word na Vegkop hernoem en die eerste internasionale interhoër atletiekbyeenkoms word teen Hoërskool Upington gehou.

2007

Die skool word 90.

2009

Vegkop kry atletiekbane van gras en raak ook ‘n venue vir die T20.

2011

WHS Old Boys Cricket Centre word gestig.

2012

WHS High Performance Centre open en die gimnasium kry ‘n voltydse afrigter.

2016

WHS word 99. Al die eerste spanne, insluitende rugby, seuns- en meisieshokkiespanne en netbal, wen by nasionale ligas. Eerste jaar van gratis onderrig.

2017

WHS vier ’n eeu.

Die W.H.S 100-jaar gedenkblad is by Finasiële sekretaresse, Marly Schrader, tydens skoolure teen N$250 beskibaar. Enige navrae kan aan Bertus Gous by 081 272 9889 of [email protected] gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!