Windhoek-gevalle styg drasties
Begrafnisse, troues en kerkdienste moet as van die grootste dryfvere in die oordrag van Covid-19 beskou word.
Henriette Lamprecht
Tien mense van dieselfde woonbuurt wat 'n kerkgeleentheid in Julie in Windhoek bygewoon het, is onder die 26 Covid-19-gevalle wat gister vir die hoofstad geregistreer is. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het 70 nuwe gevalle aangekondig waarvan buiten dié in Windhoek, 30 op Walvisbaai, tien op Swakopmund en onderskeidelik een elk op Otjiwarongo, Okahandja, Keetmanshoop en Oshakati aangeteken is. Die 70 nuwe gevalle bestaan uit 44 mans en 26 vroue. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in Namibië op 2 540 te staan.
Die 26 gevalle in Windhoek is 13 mans en 13 vroue en die ouderdomme wissel van ses tot 64 jaar. Dertien is kontakte van bevestigde gevalle. Die gevalle is onder meer in Brakwater, Cimbebasia, Freedom Square, Hochlandpark, Klein Windhoek, Ombili, Herero-nedersetting, Okapuka Poultry en Grysblok aangeteken.
Volgens Shangula is 10 van die gevalle in die Herero-nedersetting inwoners wat 'n kerkgeleentheid op 25 Julie bygewoon het.
Volgens hom kan nog mense wat die geleentheid bygewoon het Covid-19 onder lede hê. Shangula het gemaan troues, begrafnisse en kerkdienste is van die grootste dryfvere in die oordrag van die siekte en moet sover as moontlik vermy word.
Die geval op Keetmanshoop is 'n 28-jarige man wat uitgelewer is uit Suid-Afrika, hier getoets en in kwarantyn in die gevangenis in Windhoek is. Die geval op Otjiwarongo is 'n 48-jarige onderwyser wat in 'n privaathospitaal opgeneem is.
Shangula sê 'n rekordgetal van 345 mense het intussen ook van die virus herstel. Dit is 325 op Walvisbaai, ses op Oshakati, vyf op Mariental, vier in Windhoek, een op Okakarara, een op Otjiwarongo en een elk op Oshikuku, Outapi en Keetmanshoop.
In totaal het 556 mense van die siekte herstel.
Die aktiewe gevalle in die land staan op 1 972; 29 779 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 632 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie