Windhoek droogste in 90 jaar
Windhoek droogste in 90 jaar

Windhoek droogste in 90 jaar

Die reënvalsyfers vir die afgelope seisoen wys op ‘n geskiedkundige laagtepunt in die weerboek.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.

Die statistiek vir die seisoen van die begin van Oktober 2018 tot aan die einde van April 2019, toon by die meeste meetstasies van die Namibiese metereologiese diens was die reënval tussen 50% en 100% minder as normaalweg.

Nie by ’n enkele meetstasie is normale of bonormale neerslae aangeteken nie.

Daar is net twee meetstasies waar die afwyking gering was. By Mashare in Kavango-Oos is 513 mm vir die seisoen gemeet, terwyl die langtermyngemiddeld 563,6 mm is. Daar was dus ’n geringe afname in die reënval van 9%.

By Steinhausen in die Omahekestreek is 8% minder reën as normaalweg gemeet: 317,5 mm teenoor die gemiddeld van 343,7 mm.

Die hoogste reënval vir die seisoen is in die noordooste van die land op Ngoma gemeet, naamlik 534,9 mm. Die laagste reënval – ’n skrale 5,2 mm – is op Aroab in die suidooste gemeet.

Inwoners van Windhoek en omtrekke moes droëbek toekyk hoe ander plekke beter neerslae ontvang het.

Volgens die seisoenale verslag was dit in Windhoek die droogste in 90 jaar. Dis net die 1929-’30-reënseisoen in meer as ’n eeu wat droër was. Net 106,7 mm is hierdie seisoen gemeet, terwyl die stad se gemiddeld 354,8 mm is. Dit is 70% minder reën as die gemiddeld.

Die plaas Kanonschoot in die Khomasstreek het 36,5 mm gehad, terwyl die gemiddeld 370,9 mm is – ’n afwyking van -90%.

Die Zambezistreek het tussen 60 en 80% van hul normale reënval gekry en neerslae vir die seisoen het gewissel van 359 mm by Chichimane tot 534,9 mm by Ngoma. Sachona was heelwat slegter af en het net 31% van sy normale reënval gekry.

Dié syfers wys hierdie streek het sy ergste droogte in 59 jaar beleef.

In die Kavangostreke het die reënsake aanvanklik baie vlot verloop tot aan die einde van Desember, waarná dit tussen Januarie en April skerp afgeneem het. Rundu se 334 mm was byvoorbeeld 59% van die dorp se gemiddeld. Die meeste meetstasies in hierdie twee streke het egter neerslae van minder as 45% van die gemiddeld aangeteken, wat dit die sewende droogste seisoen sedert 1960-’61 maak.

Op die meeste plekke in die vier sentrale noordelike streke het net sowat ’n derde van die normale reënval uitgesak. Okongo was die enigste uitsondering, en 405,5 mm (79% van die gemiddeld) is gemeet.

Die grootste deel van Kunenestreek het minder as ’n derde van sy normale reënval gekry, met die uitsondering van die suidelike dele van die streek waar dit meer gereën het.

Met die uitsondering van ‘n klein gebied by Otjiwarongo asook Steinhausen het dit in die Erongo-, Otjozondjupa- en Omahekestreek 40% en minder as gemiddeld gereën.

Reënval in die suidelike dele van die land was ook uiters power.

Op sommige plekke het dit net oor ‘n tydperk van twee dae in Februarie gereën, sê die metereologiese diens in sy verslag.

Die reënvalsyfers wys Ariamsvlei het 27,8 mm gehad teenoor die gemiddeld van 115,2 mm – dus 76% minder. Op Keetmanshoop was dinge ewe beroerd en is 36,2 mm teenoor die gemiddeld van 151 mm gemeet.

Aroab was nóg slegter af en die 5,2 mm wat gemeet is, was 97% minder as die gemiddeld van 183,2 mm.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068