Williams tref PNG soos 'n sandstorm

Krieket

11 October 2019 | Sport
Tielman van Lill - ’n Meesterlike kolfvertoning deur Craig Williams as mokerman het gewys waarmee Namibië se uitdagers in ’n snikhete Dubai te make gaan hê wanneer die Internasionale Krieketraad (ICC) se kwalifiserende T20-Wêreldbekertoernooi op 19 Oktober amptelik begin.

Hoewel die toerspan Woensdag, ’n dag ná hul aankoms, hul eerste opwarmwedstryd teen Papoea-Nieu-Guinee met vyf paaltjies gewen het, moes Niko Davin weens hitte-uitputting met 69 lopies agter sy naam halt roep.

PNG het eerste gekolf en ’n stewige 208 lopies vir drie in sy toegelate 20 boulbeurte op die telbord geplaas.

Die Namibiese boulers het heel skaflik op die vreemde kolfblad gevaar. Die naatboulers Ben Shikongo en Jan Frylinck het onderskeidelik in hul vier en twee boulbeurte swaar straf verduur, wat onnodige druk op die Eagles se kolwers geplaas het. Die Eagles-boulers wat elk eenpaaltjie laat kantel het, was Zhivago Groenewald (3 bb, 1/27), kaptein Gerhard Erasmus (3 bb, 1/22) en Christi Viljoen (2 bb, 1/13). Die ander boulers JJ Smit (4 boulbeurte, 0/36), Ben Shikongo (4 bb, 0/67), Frylinck (2 bb, 0/26), Bernard Scholtz (2 bb, 0/11) help beperk PNG wat nogtans ’n stewige T20-totaal opstel.

Hoewel die gevaarlike aanvangskolwers Tony Uro (10 lopies, 10 balle, 2x4, bvp geboul Groenewald) en Assad Vala (35 van 25 b, 4x4, geboul Erasmus) redelik goedkoop uit is, is dit Lega Siaka wat op nommer drie instap om die Eagles te kasty.

Siaka se onoorwonne 112* slaan hy van 63 aflewerings wat nege sesse en ses viere insluit en so byna die wedstryd uit Namibië se hande neem. Charles Amini (19 van 12 b, 2x4, gevang Smit, geboul Viljoen) en Sese Bau (21* van 13 b, 1x4, 1x6) is die laaste lopiemakers.

In die Eagles se antwoord was aanvangskolwer Stephen Baard (3 van 5 b) ongelukkig om sy paaltjie vroeg te verloor. Maar Davin wat saam met Baard geopen het, het met vyf viere en vier sesse van 41 aflewerings geskitter totdat hy op 69* die veld met hitte-uitputting verlaat.

JP Kotzé (18 van 7 b, 1x4, 2x6, geboul), Erasmus (38 van 29 b, 2x4, 2x6, gevang) en Zane Green (10 van 14 b, gevang) het geweet wat om te doen om die vereiste 10.4 lopies per boulbeurt van PNG suksesvol te jaag.

Maar die Eagles se boulbeurte het spoedig opdroog en JJ Smit en Craig Williams moes in die laaste boulbeurt 34 lopies slaan om ’n oorwinning te behaal. Smit 22* (12 bb, 1x4, 1x6) was op sy stukke, maar dis die gesoute Williams wat die fut uit PNG se boulwerk haal.

Met net ses aflewerings oor en hul telling op 175/4 staar ’n pak slae in die Eagles in die gesig, maar Williams moker in die laaste boulbeurt 35 lopies om die uitslag in sy span se guns te swaai en as die speler van die wedstryd aangewys te word.

Williams eindig met 42* van net 14 balle, wat drie viere en vier sesse insluit.

• Namibië was gister veel makliker aan die wenkant in sy opwarmwedstryd nommer twee, teen die gasheerland.

Die Eagles boul die VAE vir ’n skamele 75 lopies uit, met die groot skade aangerig deur die speler van die wedstryd, Jan Frylinck. Hy stuur net twee boulbeurte af, maar laat vier kolwers terugstap ten koste van net drie lopies.

Sy boulmaats was ewe dodelik – Tangeni Lungameni (1/14 in 2), JJ Smit (1/5 in 3), Christi Viljoen (2/18 in 2) en Craig Williams (1/11 in 2).

Op sy beurt het Namibië net agt boulbeurte gebruik om 57/0 as wentelling te behaal. Karl Birkenstock was op 43 nie uit nie en Stephan Baard op 12*.

AMPTELIKE KOMPETISIE

Namibië se eerste rondomtaliewedstryd in groep A is op Saterdag 19 Oktober teen Nederland, gevolg deur PNG die volgende dag. Hierna volg wedstryde teen Skotland (22 Oktobber), Bermuda (23 Oktober), Kenia (25 Oktober) en Singapoer op 26 Oktober.

Die 13 lande wat meeding om ses plekke by die T20-Wêreldbeker volgende jaar in Australië, is Bermuda, Hongkong, Ierland, Jersey, Kenia, Namibië, Nederland, Nigerië, Oman, Papoea-Nieu-Guinee, Skotland, Singapoer en die Verenigde Arabiese Emirates.

Die Eagles-span in Dubai is kaptein Gerhard Erasmus, Tangeni Lungameni, Zane Green, Christi Viljoen, Craig Williams, Zhivago Groenewald (almal WHS Old Boys), onderkaptein Jan Frylinck, JJ Smit, Bernard Scholtz, Niko Davin, Karl Birkenstock en JP Kotzé (almal Wanderers), Picky Ya France, Stephen Baard (beide CCD) en Ben Shikongo (Welwitschias).

- [email protected]

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

14 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

1 dag gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

1 dag gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

1 dag gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

1 dag gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...