Williams lei Eagles vandag
Krieket
Die Namibiese krieketspan het rede om verwagtinge van 'n goeie vertoning te koester wanneer hulle vandag in hul tweede wedstryd van Krieket Suid-Afrika se provinsiale driedagkompetisie begin
speel.
Die Eagles kom in Benoni teen Oostelikes te staan, wat altyd 'n gerekende opponent is.
Laas naweek het die Namibiërs 'n seldsame oorwinning in die eerste ronde van die nuwe seisoen behaal toe hulle die driedagwedstryd in Windhoek teen die Noord-Kaap gewen het deur in die laaste kolfbeurt 'n stewige teiken suksesvol te jaag.
Die kaptein Sarel Burger asook die veelsydige draaibouler Nicolaas Scholtz moes beide vanweë werkverpligtinge tuis bly toe die Namibiërs gisteroggend die vlug na Gauteng gehaal het.
Die ervare Craig Williams, die onderkaptein en staatmaker kolwer, neem Burger se taak as leier oor.
Drie belowende jong spelers is ook in die groep vir die naweek ingesluit, naamlik Niko Davin, Karl Birkenstock en Tiaan Snyman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie